Leesplan inligting

Hoe om die Bybel te Bestudeer (Grondslag)Voorbeeld

How To Study The Bible (Foundations)

DAG 5 VAN 5

In-diepte Bybelstudie is Herskeppend


 


Diegene wat bereid is om kwesbaar te wees, beweeg tussen geheimenisse deur — Theodore Roethke.


 


Stel jou voor dat jy siek voel en na die dokter se spreekkamer gaan. Jou temperatuur word gemeet, maar in plaas daarvan om die koorspen in jou mond of onder jou arm te sit, word dit net vir jou gegee om in jou hand vas te hou. Na die bepaalde tyd, neem die verpleegster dit by jou, kyk daarna, en sê jou temperatuur lyk goed. 


Hoe sal jy daarop reageer? Natuurlik sal dit goed lyk, want die koorspen is nie reg gebruik nie


Wanneer temperatuur so gemeet word, sal selfs die beste koorspen hoogstens in staat wees om die kamer se temperatuur te meet. Die koorspen was nie stukkend of buite werking nie, dit is bloot nie reg gebruik nie.


Net so, as ons die Bybel vermy, loop ons die diepgaande krag, waarheid en lewe mis wat wag om daaruit verkry te word. Die Bybel is een van die belangrikste maniere wat God kies om Hom aan ons te openbaar. As ons alles wil hê, wees en doen volgens God se bedoeling, dan moet ons die Bybel met die regte hulpmiddels en doelstellings begin benader.


Vir my eie geloofsreis as Christen, vind ek die volgende sewe steunpilare vir Bybelstudie effektief (en herskeppend):


  1. Om die konteks te begryp.

  2. Om 'n gewoonte te bou.

  3. Om memoriseer van verse te beoefen.

  4. Om die regte hulpmiddels te gebruik.

  5. Om in gemeenskap met ander te leer.

  6. Om gebed te integreer.

  7. Om na weerloosheid te streef. 


Jou eie geloofsreis mag dalk nog steunpilare insluit, maar beslis nie minder as hierdie sewe nie. Dit het my gehelp om te groei bo wat ek gedink moontlik is en ek glo dit kan dieselfde vir jou doen. 


Ek hoop en bid dat jy sal leer om die Woord van God met 'n intense passie lief te kry. Ten slotte, dat dit werklik 'n lamp vir jou voet en 'n lig vir jou pad sal word. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

How To Study The Bible (Foundations)

Dit is maklik om oorweldig, swak toegerus en verlore te voel wanneer dit kom by die Woord van God. My doel is om die Bybelstudieproses vir jou te vereenvoudig deur jou bekend te stel aan drie van die belangrikste beginse...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid