Leesplan inligting

Hoe om die Bybel te Bestudeer (Grondslag)Voorbeeld

How To Study The Bible (Foundations)

DAG 2 VAN 5

Standvastige Bybelstudie is 'n Gewoonte






Ons word wat ons herhaaldelik doen. – Sean Covey






Ons lewens wentel om ons gewoontes, of ons dit besef of nie. Wat ons eet, hoe ons op spanning reageer, of ons die wekker op sluimer stel of nie — al hierdie optredes word bepaal deur die gewoontes wat ons in ons lewens toelaat. 



Volgens die skrywer Charles Duhigg, is ongeveer 45% van alles wat ons elke dag doen, 'n gewoonte. Indien jy goeie gewoontes het, is dit bemoedigend. Indien jou gewoontes egter nie is wat jy wil hê dit moet wees nie, beteken dit dat byna die helfte van die keuses wat jy die geleentheid het om te maak, reeds vir jou gekies is (en nie op die beste manier nie). 



Ek sê dit vir jou omdat ek wil hê jy moet begryp hoe belangrik dit werklik is om gereeld die Woord van God te bestudeer. 



Waarom was die geloofsreuse van wie ons in die Bybel lees so doeltreffend? Omdat hul tyd met God en in sy Woord ononderhandelbaar deel van hulle daaglikse lewens was. 



Ten spyte van al die foute wat koning Dawid gemaak het, het hy telkens teruggekeer na die Woord van God, sy lewe aangepas om in ooreenstemming daarmee te wees, en sodoende ook Israel se geskiedenis daardeur beïnvloed.



Paulus het grootgeword as 'n passievolle Fariseër wat ywerig oor die Skrif was. Nadat Jesus sy lewe onderstebo gekeer het, het hy die Woord van God met 'n nuwe selfvertroue benader en ook sy lewensdoel as gevolg daarvan vervul.



As enige iemand 'n ruskans van sy daaglikse Bybelgewoonte kon neem, is dit Jesus. Ons sien egter keer op keer hoe Jesus homself onttrek het sodat hy eenkant in stilte die Woord kon bestudeer en bid. Hy, beter as enigiemand, het begryp hoe diep ons menslike behoefte aan Goddelike ontmoetings is. 






Wenk: Sukkel jy om gereeld jou Bybel te lees? Los dit oop en plaas dit naby die deur van die kombuis of jou slaapkamer. Op hierdie manier sal jy ten minste een versie lees terwyl jy jou daaglikse roetine volg. Die doel is om 'n standvastige Bybelstudie gewoonte te ontwikkel deur dit maklik (een versie op 'n slag) en sigbaar (reeds oop en in jou beweegruimte) te maak. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

How To Study The Bible (Foundations)

Dit is maklik om oorweldig, swak toegerus en verlore te voel wanneer dit kom by die Woord van God. My doel is om die Bybelstudieproses vir jou te vereenvoudig deur jou bekend te stel aan drie van die belangrikste beginse...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid