Leesplan inligting

Hoe om die Bybel te Bestudeer (Grondslag)Voorbeeld

How To Study The Bible (Foundations)

DAG 4 VAN 5

Betekenisvolle Bybelstudie word Voorafgegaan en Gevolg deur Gebed



Om 'n Christen te wees sonder gebed, is net so onmoontlik as om te lewe sonder om asem te haal. — Martin Luther



Een van my gunsteling maaltye is gebraaide, gemarineerde hoender. Ek het verlede somer die proses van marinering gaan naslaan, want ek wou weet wat met die kos gebeur wat dit so lekker laat smaak. Kyk wat het ek ontdek.


Wanneer jy kos marineer, gewoonlik proteïne soos hoender, bedek jy dit met 'n suur vloeistof (soos asyn of suurlemoensap). Die suur breek die buitenste lae van die vleis af sodat die geurmiddels dieper in die vleis kan indring.


Marinering verg egter tyd. Jy kan nie 'n hoenderbors vir 'n paar minute in marinade sit en dan verwag dat dit die geur sal behou nie. Jy moet die proses kans gee om te werk.


Gebed is die Christen se marineringsproses. Om met en in die Bybel te bid, gee ons die geleentheid om vir 'n lang tydperk in die waarheid van God te wees sodat dit deur ons uiterlike hindernisse kan breek en ons "geur", ver bo wat ons die vermoë het om op ons eie te bereik.


Met dit in gedagte, wil ek my gebed met jou deel wat ek elke keer bid wanneer ek my Bybel optel:


"Here, maak my asseblief oop vir u Woord en maak u Woord oop vir my."


Hiermee word die grondslag in my hart en denke gelê vir iets om gedurende my daaglikse gewoonte te gebeur. Ek wil verander word. Ek wil hê die Heilige Gees moet die Woord vir my verstaanbaar maak. Ek maak hierdie voornemens duidelik met my kort gebed.


Daar is letterlik honderde maniere hoe om gebed in jou Bybelstudietyd in te sluit. Ek moedig jou egter nou eers aan om hierdie kort gebed te probeer en te kyk watter veranderinge plaasvind.



Kenner-Wenk: Kom jy agter dat gebed jou frustreer omdat dit voel of God jou nie hoor of antwoord nie? Kom ek gee jou die raad wat 'n pastoor my eendag gegee het: verlaag jou verwagtinge. Die meeste mense dink om van God te hoor is 'n wonderbare en lewensveranderende gebeurtenis. In werklikheid praat God en die Heilige Gees elke dag met jou (selfs baie kere per dag!). Verlaag jou verwagtinge beteken (1) verwag dat God met jou sal praat, en (2) wees doelbewus op die uitkyk vir al die klein maniere hoe God dit doen. Jy het nie 'n brandende bos-ervaring nodig om God te ontmoet nie; soms is dit net die regte lied wat jy op die radio hoor wat dieselfde ervaring kan bereik.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

How To Study The Bible (Foundations)

Dit is maklik om oorweldig, swak toegerus en verlore te voel wanneer dit kom by die Woord van God. My doel is om die Bybelstudieproses vir jou te vereenvoudig deur jou bekend te stel aan drie van die belangrikste beginse...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid