Leesplan inligting

Maak Gereed vir die HuwelikVoorbeeld

Getting Ready for Marriage

DAG 7 VAN 7

“Die Skep van 'n Grondslag van Gesonde Seksualiteit”

Dit maak nie saak wat jou ervaring met jou seksualiteit is nie, ons is oortuig dat diegene wat hulle fisieke eenheid die beste in die huwelik hanteer, is die paartjies wat 'n gesonde siening van seksualiteit ontwikkel het. Aangesien seks God se idee en skepping was, kom ons beweeg verby die Hollywood-stereotipe daarvan en gaan na die oorspronklike bron. God het bedoel dat seks mooi en aangenaam moet wees, en dat dit eenheid binne die huwelik moet skep. God het nie net seks geskep nie, maar sien dit ook as voortreflik binne die huwelik.


Omdat seks God se skepping is, het hy grense gestel om nie genot te beperk nie maar om sy ontwerpte en gewenste eenheid te verbeter. God se seksuele beperkings — basies waarskuwings om van (1) egbreuk en (2) seksuele onsedelikheid te weerhou — is nie ingestel om seks te veroordeel nie maar eerder om die huwelik rein en eerbaar te hou. Hoekom die moeite doen om riglyne te voorsien? Want Hy wil die beste vir julle hê. Die woord van God oor seksualiteit is mooi en heilig en wanneer dit ervaar word, kan seks die fisieke, emosionele en geestelike verbinding bied waarna ons verlang. Seks sal 'n bevestiging en 'n viering van jou huwelik wees.


Sonder hierdie teologiese raamwerk, word seks eenvoudig verminder tot niks meer as 'n daad van ontspanningsgenot wat kinders kan voortbring. Die samelewing het 'n heelwat laer sienswyse van seks aangegryp en ‘n kultuur waar enigiets aanvaarbaar is, word bevorder. As gevolg hiervan, sien ons huwelike vernietig deur egbreuk en pornografie. Seks is verander in kortstondige plesier, of nog erger, 'n manier om mekaar te manipuleer en te verslaaf. Dit is nie God se plan vir die heilige daad van seks nie.


Toe Jesus gesê het: "en hulle twee sal een vlees wees" (Efesiërs 5:31b AFR20), het Hy dit bedoel as meer as net om seks te hê; die seksuele daad is duidelik 'n ervaring om letterlik julle liggame as een saam te voeg. Julle seksuele verhouding is 'n verenigende ervaring. Dit word 'n heilige bevestiging van die lewenslange verbintenis wat julle tot eenheid maak. Julle kan regtig nie julle seksualiteit en die belangrike rol wat dit in julle verhouding speel, verstaan as julle dit nie as 'n gawe van God beskou nie. Dit is 'n gawe wat aanhou bewillig om die twee van julle in een te verbind.


* Is julle siening van seksualiteit gebaseer op God se beskouing of die wêreldbeskouing? Watter verwagtinge van seks bring julle in hierdie huwelik in en het julle dit bespreek in die voorhuwelikse berading?


Het jy hierdie leesplan geniet? Indien wel, skryf in om die volledige boek te wen hier


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Getting Ready for Marriage

Geneem uit hul boek " Getting Ready for Marriage", sluit aan by verhoudingskenners Jim Burns en Doug Fields terwyl hulle jou help om nou te begin beplan vir jou blywende verbintenis. Finansies, skoonouers, kommunikasie, ...

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/getting_ready_for_marriage/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid