Leesplan inligting

Maak Gereed vir die HuwelikVoorbeeld

Getting Ready for Marriage

DAG 6 VAN 7

“Die Bestuur van Geld”

Baie min mense besef voor die huwelik dat hulle eie persoonlike verhouding met geld van kritieke belang is tot die gesondheid van hulle verhouding wanneer hulle getroud is. So vreemd soos dit mag klink, het álmal regtig 'n verhouding met geld. Jy kan dit nie vryspring nie; jy kan net seker maak dat dit 'n positiewe band word en nie 'n bron van inspanning nie.


Om 'n goeie bestuurder van geld te wees is dikwels 'n kwessie van gesindheid. Jou optrede teenoor geld sal jou gesindheid weerspieël. Sommige mense het 'n sterker liefdesverhouding met die almagtige Rand as met hulle gekose lewensmaat. Hulle het selfs geld meer lief as vir God. Wanneer jy egter leer om God en jou gesin voor geld te stel, begin jy om 'n jou geldsake meer voortreflik te beheer.


Gepraat van God, het jy geweet dat Hy vir ons baie instruksies gee oor geld? In die Bybel is daar omtrent 500 verse oor gebed, 500 verse oor geloof, en meer as 2,350 verse oor geld! Die bestuur van 'n persoon se finansies is 'n geestelike kwessie. In die kerk word die bestuur van geld dikwels rentmeesterskap genoem. Vir dié van ons wat Jesus volg, is ons geroepe om getroue rentmeesters (in wese, bestuurders) van ons hulpbronne te wees. Baie finansiële beraders word elke dag opgewonde wakker om ander te help om goeie rentmeesters te word. Ron Blue is een so 'n adviseer wat geïnspireer is om paartjies te help om finansiële sukses en geluk te vind. Van sy belangrikste beginsels van rentmeesterskap is dat God alles besit en dat uitgestelde bevrediging die antwoord tot finansiële volwassenheid is.


As 'n paartjie sal julle moet besluit hoe julle jul finansies hanteer. Die groot vraag is: Sal julle besteding en skuld kies, of uitgestelde bevrediging en 'n verantwoordelike begroting? As julle dit nog nie bespreek het nie, moet julle hierdie vraag ernstige oorweging gee, en dan julle stappe van aksie opstel om julle langtermyn-sukses te verseker.


* Hoe het jy as 'n enkellopende geld hanteer? Hoe beplan julle om dit as 'n getroude paartjie te hanteer? Het julle al in diepte oor hierdie baie belangrike onderwerp gesels? Het julle 'n begroting vir jul binnekort-gedeelde finansies opgestel?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Getting Ready for Marriage

Geneem uit hul boek " Getting Ready for Marriage", sluit aan by verhoudingskenners Jim Burns en Doug Fields terwyl hulle jou help om nou te begin beplan vir jou blywende verbintenis. Finansies, skoonouers, kommunikasie, ...

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/getting_ready_for_marriage/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid