Leesplan inligting

Maak Gereed vir die HuwelikVoorbeeld

Getting Ready for Marriage

DAG 3 VAN 7

“Kommunikasie: Die Vinnigste Roete tot Verbintenis"

Die boek Spreuke het baie verhoudingsadvies wanneer dit kom by die mag van woorde, en ons sal wys wees om dit te oorweeg. Een vers sê: "Die tong het mag oor dood en lewe" (Spreuke 18:21a). Baie huwelike is gered en versterk met vriendelikheid en bevestiging en baie het as gevolg van gemene en woedende woorde op die rotse beland. Wysheid sê: "Wie sy mond en sy tong in toom hou, hou hom uit gevaar" (Spreuke 21:23). Sommige huwelike neem hierdie "in toom hou" vermaning tot die uiterste en hou net heeltemal op praat. Dit is beslis nie die oplossing vir jou huwelik nie. 'n Beter oplossing is om nie alles te sê wat jy dink nie. As woorde jou huweliksmaat gaan seer maak, moet dit nie gebruik nie. Hou jou mond toe en wees wys.


Om 'n gesonde huwelik te ontwikkel, moet jy leer om jou woorde te gebruik om intieme gesprekke te voer, gevoelens te deel, behoeftes uit te druk, jou gade in te lig en vreugde te bring. Woorde is kragtig! Die sleutel tot kragtige gesproke woorde is om te leer wat om te sê, en nog belangriker, wat om nie te sê nie — wat dikwels moeiliker is.


Ons het onlangs vir 'n ouer, gelukkig-getroude paartjie gevra wat ons "Verfris Jou Huwelik"-kursus bygewoon het: "Wat is die geheim tot julle lang lewe en sukses in die huwelik?" Die man het na sy vrou gekyk en gesê: "Een woord: filtreer." Ons het gedruk vir 'n verdere verduideliking en wat gevolg het was kragtig. Hy het gesê dat vroeg in hulle huwelik moes hy sy woorde filtreer. "Soms moes ek net my tong byt en nie sê wat ek gedink het nie. Ek moes leer dat vriendelike woorde my vrou opgebou het en dat harde woorde haar afgebreek het. Ek moes my woorde filtreer en nie alles sê wat ek gedink het nie tensy dit woorde was wat bedoel was om op te bou. Ek dink ek sou sê dit is die grootste geheim vir ons lang lewe en sukses."


* Hoe is jou kommunikasie met jou verloofde? Kyk na jou woorde oor die afgelope week, hoeveel het opgebou en hoeveel het afgebreek? Hoe kan jy jou kommunikasie in die toekoms verbeter?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Getting Ready for Marriage

Geneem uit hul boek " Getting Ready for Marriage", sluit aan by verhoudingskenners Jim Burns en Doug Fields terwyl hulle jou help om nou te begin beplan vir jou blywende verbintenis. Finansies, skoonouers, kommunikasie, ...

More

Baie dankie aan David C Cook wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/getting_ready_for_marriage/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid