Leesplan inligting

Een Minuut Na Jou DoodVoorbeeld

One Minute After You Die

DAG 4 VAN 6

‘n Stukkie Hemel



“Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.” -Jesus



Hel is ‘n onlesbare dors, maar die hemel is die wonderlikste, nimmereindigende drankie wat net beter raak met elke sluk. Dit is ver verhewe bo wat ons menslike sintuie kan proe, sien, ruik, hoor, voel of uitdink. 



Dink aan die tye toe jy na iets as “ 'n stukkie hemel” verwys het. Dalk was dit toe jy ‘n geliefde vir die eerste weer na 'n lang tyd gesien, dalk was dit ‘n geestelike ervaring, of dalk was jy net omring deur 'n asemrowende toneel. Wat jy ervaar het was nie net ‘n stukkie hemel nie—wat jy ervaar het was die feit dat die hemel ‘n stukkie van jou het. God het die ewigheid in jou hart geplaas en van toe af het dit vir die hemel bly klop. 



Nogtans, in ons wêreld van die onmiddellike is dit amper die norm om ‘n stukkie hemel te misgis vir die hemel self. Ons bestee ons dae op allerhande maniere om een stukkie na die ander te probeer kry, maar ons bly ontevrede. Dit is niks nuuts nie. Dit is die oorspronklike menslike fout om te dink dat ons—die geskapene—op een of ander manier iets kan vind wat ‘n klein bietjie beter as God, die Skepper is. Dit is hierdie selfde idee binne-in ons wat die wonder van die hemel verdring met ons klein stukkies aarde.



Jesus het hierdie geneigdheid van ons direk aangespreek toe Hy gesê het dat ons nie vir ons skatte op die aarde moet bymekaarmaak nie, maar eerder dié soort skatte waarmee die hemel gevul is. Jesus het nie die grenslyne tussen hemel en aarde verdof nie, want Hy het eerstehandse kennis oor die verskil tussen die twee. Terwyl Hy op aarde was, het Hy ons gevra om te bid tot ons Vader, wat (soos Hy uitgewys het) “in die hemel is.” Onthou jy wat Hy gevra het dat ons moet bid? Dat God se wil sal “geskied op aarde, soos in die Hemel.” Hy het altwee as aparte eenhede gereken, terwyl Hy terselfdertyd bevestig het dat ons keuse vir die hemel, hier op aarde begin. Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. 



Bid: O God, ek wil hê dat U wil hier op aarde sal geskied soos in die hemel. Ek nooi U genade, U teenwoordigheid en U Heilige Gees om my selfsugtige begeertes te vervang. Help my om op aarde waarde te heg aan dit waaraan U in die Hemel waarde heg.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

One Minute After You Die

C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry.’ Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid