Leesplan inligting

Een Minuut Na Jou DoodVoorbeeld

One Minute After You Die

DAG 2 VAN 6

In Die Middel


“Dit is in die middel waar menslike keuses gemaak word; die begin en einde bly God. Die verordeninge van God is geboorte en dood, tussen hierdie grense maak die mens sy eie ellende of vreugde.” - Oswald Chambers


Gister het ons die gesprek tussen Jesus en Nikodemus gelees. Ons het by Jesus gehoor dat daar ‘n verskil is tussen gees en liggaam. Liggame sal sterf, maar ons gees leef vir ewig voort.


Jesus het hierdie onderwerp weer in Johannes 11:25-26 geopper toe Hy gesê het:


… Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. …


Dus, ja, daar sal dood wees, ons liggame en gees sal op een of ander manier skei. Wat dan? Dan is daar ‘n vorm van oordeel. In Openbaring maak Johannes melding van ‘n groot wit troon van oordeel, Jesus praat van die skeiding tussen bokke en skape in Matteus 25, en Paulus noem dit reg deur die Nuwe Testament Christus se setel van oordeel.


Eendag gaan ons sterf, ons siele gaan voortleef en ons lewens gaan finaal deur Jesus self beoordeel word.


Dit is hoekom dit wat ons glo na ons dood gebeur, verander wat ons doen terwyl ons nog lewe. Dit is hoekom ons ons lewens wil rig op die ewigheid.


Die Oswald Chambers aanhaling aan die begin van vandag se oordenking verwys na hierdie lewe as “die middel.” Hy sê dat dit wat ons in “die middel” doen ons eie ellende of vreugde kan skep. Dit is nie net waar vir vandag en môre nie, dit is ook waar vir die ewigheid.


Eendag sal ons liggame sterf, maar Jesus het gesê: “Wie lewe deur geloof in My, sal nooit sterf nie.” Om in die stryd tussen die twee waarhede te leef is wat Chambers “die middel” noem. Die manier hoe ons elke dag lewe—in die middel—is ons lewe se beste bewys dat ons glo wat Jesus aangaande die einde gesê en gedoen het. Ons moet met dringendheid lewe, wetende dat ons lewe kort is, dat dit saak maak wat ons glo, vir wie ons vertel en hoe ons lewe. Tog, ons wat in Christus lewe, moet lewe met vrede, hoop en bonatuurlike rus, in die wete dat ons siele nooit gaan sterf nie.


Dink daaroor: Hoe verander die manier hoe ek oor die einde dink, hoe ek in die middel lewe?


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

One Minute After You Die

C.S. Lewis het gesê: “Mik vir die Hemel en jy sal die aarde daarmee saam kry.’ Mik vir die aarde en jy sal nie een van die twee kry nie.” Met ander woorde, wat jy vandag doen omdat jy sekere dinge glo oor wat na jou dood...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid