Leesplan inligting

Soek Daagliks Die Hart Van God — WysheidVoorbeeld

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

DAG 4 VAN 5

Die Rykdom van Wysheid



Wysheid is soos geld. Die waarde daarvan vermeerder met tyd. As jy gereeld wysheid tot jou lewe byvoeg, word jy ryk in die weë van God. Daarom is dit noodsaaklik dat jy wysheid bekom, want dis baie belangriker as die meeste ander dinge in jou lewe. Wysheid is die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei en om te verstaan wat is ewig en waar. Dit is die bondgenoot wat jou sal help om die vyand te verslaan. Die Satan is magteloos in die teenwoordigheid van God se wysheid. Moenie probeer om die duiwel met jou eie beperkte begrip te verslaan nie. Verslaan hom eerder met wysheid as wapen. 'n Lewe wat gebou word op die fondament van wysheid, kan die winde van verandering en die golwe van teëspoed weerstaan (Spreuke 28:26). Wysheid hou jou gefokus op God se perspektief. Dis 'n lewensredder vir 'n drenkeling, dit is 'n kompas vir 'n verdwaalde, dit is die lig in 'n donker en verwarrende situasie.



Wysheid is soos goud, en goud is nie maklik verkrygbaar nie. Daar is 'n prys om te betaal. Dit kos iets om dit te vind, en dit aan te skaf (Spreuke 16:16).



Grys hare is nie 'n waarborg vir wysheid nie, maar deurtrapte ervaring plaas jou wel in 'n posisie om wysheid te verkry. Dit is moontlik om 'n bejaarde dwaas te wees of om wys ver bo jou jare te wees. Jonk of oud, slim of gemiddeld, beide kan wysheid verkry.



Wysheid begin en eindig met die vrees van God. Die vrees van God beteken dat jy sy onderrig met jou hart en jou verstand aanvaar (Spreuke 15:33). Wysheid kom nie deur 'n passiewe verhouding met God nie. Wysheid beteken dat jy nadink oor sy weë en waarhede. Jy vra na die hoekom, wat en hoe van sy weë, in gebed en met diepe respek. As navolgers van God is sy weë ons weë. Deur die oordenking van sy Woord en die verstaan van sy waarhede, sal wysheid begin om oor jou daaglikse lewe te heers. Deur God se genade sal wysheid jou lei om vanuit vele opsies, die beste pad van aksie te kies.



Wysheid voorsien eenvoudige oplossings in komplekse situasies. Wysheid het die ongelooflike skerp vermoë om deur die lae van agendas en motiewe te sny en so die ware probleme te ontbloot. Wysheid veg onverstoord vir gesonde verstand en die waarheid. Dit is baie prakties.



Wysheid kom van God af en woon in Hom. Hy besit die handelsmerk en patent. Enigiemand wat erkenning probeer neem vir die effektiwiteit van wysheid, staan 'n kans om die reg te verloor om wysheid te gebruik. Nederigheid wat met wysheid gepaardgaan, lei tot wyse besluitneming. Luister na wyse mense en leer van hulle. Dit kan jou help om die hartseer van 'n gebroke verhouding of die verlies aan geld as gevolg van swak finansiële besluite, te voorkom. Wees wys, luister na God en sy wyse mentors in jou lewe.



Jy ontvang wysheid sodat jy dit met ander kan deel; deel jou rykdom aan wysheid met hulle wat dit goed sal gebruik.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

Soek Daagliks die Hart van God is ‘n 5-dag leesplan met die doel om ons aan te moedig, uit te daag en te help op die pad van ons daaglikse lewe. Soos Boyd Bailey gesê het: "Soek na Hom, selfs al voel jy nie lus daarvoor ...

More

Baie dankie aan Boyd Bailey, in samewerking met "Wisdom Hunters", wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.wisdomhunters.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid