Leesplan inligting

Soek Daagliks Die Hart Van God — WysheidVoorbeeld

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

DAG 2 VAN 5

Oproep tot Wysheid



"Hier is wysheid nodig" (Openbaring 13:18a). Wysheid word meer dikwels benodig as wat ons besef. Wysheid sny deur emosies tot by die werklikheid van die situasie. “Wat is die wyse ding om te doen?” is ‘n doeltreffende vraag in besluitneming. “Wat is die beste vir die onderneming?” is ‘n wyse vraag om te vra wanneer dit gaan oor besigheid of die bediening. Baie keer praat God deur geld, of die gebrek daaraan. Wanneer geld dus skaars is, moet ons uiters wys wees in ons besteding daarvan. Wysheid sê om te sny aan uitgawes en om nie addisionele kostes aan te gaan nie. Hier gaan dit nie oor ‘n gebrek aan geloof nie. Dit het te doen met die feit dat jy ‘n wyse rentmeester moet wees met dit wat jy het, sodat meer aan jou toevertrou kan word. Wyse rentmeesterskap trek vrygewige gewers aan.



Die wyse persoon is nie ongeduldig of desperaat nie. Wysheid staan ‘n tree terug en evalueer ‘n situasie deeglik voordat dit voortgaan. Soek jy dus gereeld vir wysheid? Kennis en ondervinding, vermeng met gesonde verstand en onderskeidingsvermoë, is ‘n goeie resep vir wysheid. Wysheid is die soeke na die begrip oor God se siening van sake. Dit is waarom die wysheid wat in die Woord van God gevind word, so toepaslik vir die lewe is.



Die Bybel is ‘n skatkis vol wysheid wat wag om deur die wyse skattejagter ontgin te word. Moet dus nie net die Bybel lees, daaroor mediteer en bid nie, maar soek ook na wyse mense (Matteus 12:42). Soek na mense met grys hare, mense wat wyse gedrag weerspieël. Die wyse sal jou help om die idees oor wysheid wat jy in jou bestudering van die Skrif begin verstaan, te bekragtig. Lees boeke en luister na boodskappe van wyse manne en vroue. As jy lank genoeg met wysheid omgaan, sal dit op jou begin afvryf. Gryp elke geleentheid aan om vir wysheid te vra. Wees wys in jou verhoudings. Wees wys met jou geld en jou tyd. Voor jy dit besef, sal jou wysheid ander aantrek wat dieselfde wil hê wat jy het.



Bowendien is die kroonjuweel van die verkryging van wysheid om die Here te dien. “Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag” (Spreuke 1:7). Ontsag vir God plaas jou in ‘n posisie om wysheid te ontvang. Wanneer jy geen ontsag vir God het nie, het jy geen wysheid nie. Geen wonder dat ons wêreld met dwase gevul is nie. Ons het ons ontsag vir God verloor en daarom ontwyk wysheid ons. Ontsag vir God kweek wysheid. God gee wysheid aan dié wat Hom vrees.



Wees lief vir God, maar vrees Hom. Aanbid God, maar vrees Hom. Leer by God, maar vrees Hom. Dien God, maar vrees Hom.



Jy is geregtig op wysheid as jy God vrees. Moenie so vrypostig teenoor God raak dat jy jou vrees vir Hom verloor nie. Dit is onwys en lei tot dwaasheid. Wysheid wag dat jy dit kom oes. Pluk dit en geniet dit, soos ryp, sappige vrugte op ‘n warm somersdag. Proe en sien dat wysheid goed is. Niemand het nog ooit gekla dat hulle té veel wysheid het nie. Vra gereeld vir wysheid. Soek na die wyses en vra hulle en God vir wysheid. Dit is die wyse ding om te doen.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

Soek Daagliks die Hart van God is ‘n 5-dag leesplan met die doel om ons aan te moedig, uit te daag en te help op die pad van ons daaglikse lewe. Soos Boyd Bailey gesê het: "Soek na Hom, selfs al voel jy nie lus daarvoor ...

More

Baie dankie aan Boyd Bailey, in samewerking met "Wisdom Hunters", wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.wisdomhunters.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid