Leesplan inligting

Soek Daagliks Die Hart Van God — WysheidVoorbeeld

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

DAG 1 VAN 5


Soekers na Wysheid



Wysheid is iets wat gekoester moet word. Mense voel aangetrokke tot wysheid. Dit is aantreklik en bekoorlik. Wysheid verteenwoordig ‘n woord van die Here, dus is dit van onskatbare waarde. Wysheid is een van die redes waarom ons kerk toe gaan, na goeie Bybelonderrig luister en met ouer mentors praat. Ons moet na wysheid soek en daarvoor vra. Dit kom nie vanselfsprekend nie; dit is ‘n geskenk van God. Wysheid is kosbaar en uiters waardevol. Dit is ‘n geskenk wat jou beskerm teen besluite wat ‘n leeftyd by jou kan spook, en dit gee jou die moed om aan te hou of op te hou. Wysheid is ‘n wapen wat deur God self, namens sy krygers, gebruik word. Wysheid sny deur verwarring en vervang dit met helder denke. Dit breek besluite af in ‘n reeks klein oorwinnings. Dit waarsku teen naderende gevaar.



Die wyse persoon is egter nie gevrywaar van sonde nie. Wyse manne en vroue moet steeds verantwoordelik wees — dalk meer as ander. Die wyse persoon is inderdaad vatbaar vir hoogmoed (Jeremia 9:23). ‘n Wyse hart wat vermeng is met hoogmoed, dink dat dit bo die reëls verhewe is. In die begin kan dit so subtiel wees, maar die innerlike oortuigings begin verrot soos ‘n fondament wat met termiete deurtrek is. As hoogmoed nie in bedwang gehou word nie, verander dit wysheid in eiewysheid. Dit is hartseer wanneer ‘n eens wyse leier toelaat dat trots sy vrees vir God laat kwyn. Wysheid is God se geskenk om inisiatiewe vir sy koninkryk uit te voer. Wanneer dit net vir eie gewin gebruik word, word dit self-diens.



Soek dus na die ware wyses, vir wie God 'n prioriteit is. Selfgemaakte wysheid veroorsaak geestelike wanpraktyke, maar suiwer wysheid gee geestelike lewe. Dit is wysheid — gepaardgaande met nederigheid en gehoorsaamheid aan God — wat ons voorberei om die wedloop suksesvol te voltooi. Egte wysheid is aanvaarbaar in alle situasies. Soek daarna in die Bybel, boeke, by mense, omstandighede, flieks, lewenservaring en in die Skepping. Wanneer jy dit vind, moet jy dit nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Dank God vir wyse resultate. Gebruik dit tot sy eer en vir sy doel. Laat wysheid toe om jou nederig te hou, eerder as om jou ‘n gevoel van meerderwaardigheid te gee. Ons is almal soekers na God se wysheid. Ons sal daarna bly soek totdat ons in die hemel kom.



Wysheid is aktief en lewend en het altyd ‘n nuwe, vars inspuiting van God af nodig. Gebruik gebed as brug tot God se wysheid. Vra gereeld na sy siening en sy hart oor 'n saak. Laat wysheid toe om jou in aanbidding en afhanklikheid van Hom, nader aan jou hemelse Vader te trek. Wy gereeld jou wyse bedoelings aan Hom. Laat jou hemelse Vader die filter wees vir jou wyse besluitneming.



Wees ‘n mildelike gewer van wysheid aan ander, maak tyd vir mense om jou hart te leer ken en om die lewenslesse te verstaan wat God gebruik het om jou geloof te vorm. Ons het almal wysheid wat ons aan ander kan bied. Maak net tyd om na ander se moeilikhede te luister. Hulle mees dringende kwessies het aandag nodig. Wees beskikbaar om geduldig en met begrip te luister en gee dan vir hulle in nederigheid opsies om te oorweeg. Wysheid is hoflik. Dit gee vir almal antwoorde, wanneer dit met ‘n gees van nederigheid gevra word, as ‘n mede-soeker na wysheid.



Soek wysheid en gee wysheid — wysheid gemotiveer deur nederige oorgawe aan God.



Vir soortgelyke oordenkings uit "Seeking Daily the Heart of God", besoek: https://www.wisdomhunters.com/


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Seeking Daily The Heart Of God - Wisdom

Soek Daagliks die Hart van God is ‘n 5-dag leesplan met die doel om ons aan te moedig, uit te daag en te help op die pad van ons daaglikse lewe. Soos Boyd Bailey gesê het: "Soek na Hom, selfs al voel jy nie lus daarvoor ...

More

Baie dankie aan Boyd Bailey, in samewerking met "Wisdom Hunters", wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.wisdomhunters.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid