Leesplan inligting

Wilde Lewe — Begin Werklik LeweVoorbeeld

Wild Life—Start Really Living

DAG 6 VAN 12

Vader, Hoe Doen Ek Dit?


Dink aan die laaste keer wat jy op 'n staptog verdwaal het. Miskien het jy afgedwaal totdat jy iets bekend gesien, 'n gids raakgeloop of 'n teken gesien het om te volg. Soms wanneer jy in die woestyn van die lewe is, is dit selfs nog moeiliker om jou pad terug te vind. Ek weet dit.


Nadat ek 'n goed-betalende werk as verkoopsman verlaat het om my musiekloopbaan voort te sit, terwyl ons ook 'n pragtige babadogtertjie ryker geword het, het ek verlore begin voel. Het God my regtig gelei? Het ek regtig daardie tekens gesien? Het ek nie net 'n paar verkeerde keuses gemaak nie?


Wat ons soms nie besef nie, is dat daar 'n kompas, 'n "GPS" en 'n gids is om te leer ken. Sy liefde vir ons is in die Bybel opgeteken. Hy het sy Seun se lewe aan ons beskikbaar gestel. Sy woorde is neergeskryf, en Hy kan ons bemagtig deur sy Heilige Gees.


Dus, hoe ken ons God regtig?


Daar is 'n paar basiese beginsels. Praat met Hom. Lees sy Woord. Luister na Hom. Die mikpunt is nie om die perfekte metode of een of ander drie-stap strategie uit te dink om God te leer ken nie. Dit is 'n verhouding. Reik uit na Hom. Dit kan werklik so eenvoudig wees as om te vra: “Vader, hoe moet ek dit doen? Kan U my help?" 


Op 'n stadium, gewoonlik wanneer ek op pad is om die kleingoed by die dagsorg af te laai, sal ek eenvoudig vir God vra: "Help my om vandag iets doodgewoon vir U te doen!" 


Partykeer sal Hy my lei om iemand te bemoedig terwyl ek by die gimnasium is. Ek het selfs al gevoel hoe God my aanpor om oor Hom met my kelner by die restaurant te praat. Dit is eintlik nogal wonderlik om Hom so te dien. 


Jou verhouding met Hom sal anders lyk as myne, en dit hoort so. God is nie verbaas dat ons almal 'n bietjie anders na Hom toe kom nie. Hy is die een wat ons uniek gemaak het. 


Onderwyl jy jou weg na God vind, soos met enigiets anders wat saak maak, beoefen dit daagliks. 


Tony, God se volgeling


Kyk na vandag se video


Dink: Op watter maniere kan ek die beste met God kontak maak? Hoe kan ek dit op 'n gereelde basis doen?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life—Start Really Living

Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lew...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid