Leesplan inligting

Wilde Lewe — Begin Werklik LeweVoorbeeld

Wild Life—Start Really Living

DAG 1 VAN 12

Begin Werklik Lewe



In Johannes 10:10 het Jesus die lewe redelik eenvoudig laat klink. "'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."



Wanneer laas kon jy sê: "Man, nou leef ek voluit!" Jy het waarskynlik gesê: "Die lewe is vol," maar jy het dit 'n bietjie anders bedoel. Miskien is jy onder druk, onseker waarheen jou loopbaan beweeg, verslaaf of jy voel van God verwyderd en ook die mense vir wie jy lief is.



Wat is die verskil tussen die lewe wat Jesus gesê het Hy vir ons kom gee en die lewe wat so baie van ons regtig beleef? Dis 'n goeie vraag. Dus het 'n klomp ouens, net soos jy, bymekaar gekom om uit te vind hoe om regtig te begin lewe.



Ek is Jason, een van daardie ouens, en ek is verslaaf aan wat ons die "prestasie-trapmeul" sal noem.



As kind het ek toegekyk hoe 'n dokter wat goed bedoel het, 'n grafiek gebruik om vir my ma te verduidelik dat ek aan morbiede vetsug ly. Ek het nie veel van daardie woorde verstaan nie. Vir my het dit nie net beteken dat ek nie aan die norm voldoen nie, maar ook dat ek siek en verwronge is. Eina.



Dit is die soort oomblikke wat maklik kan begin steel, doodmaak en vernietig.



Oor die volgende paar dekades het ek te veel energie verkwis om God en andere te oortuig dat ek goed genoeg is. "Net Jason" was nie goed genoeg nie. Ek het besluit ek moet die beste wees in ander dinge. Kan jy jou daarmee vereenselwig?



Deur te probeer vergoed om die beste ooit op universiteit, in die huwelik, in ouerskap, in my loopbaan te wees, of wat ek ook al aandurf, was amper soos om 'n donker diepte te probeer vul met goedkoop waterpistooltjies. Dit is nie regtig uitvoerbaar nie.



Hoe moet ons dan regtig begin lewe? Selfs al gaan ons deur donker dieptes, en beleef pyn wat wonde in ons lewens oopskeur, is God by ons. In ons swakheid is Hy sterk. God se teenwoordigheid kan ons donker dieptes vul en genees sodat ons dit nie hoef te doen nie.



Jason, is goed genoeg



Kyk na vandag se video




Bid: Vader, wys my waar ek probeer het om self te vergoed vir die pyn wat ek ervaar het. Vergewe my vir al die kere waarop ek U buite die proses gelaat het. Dankie dat U deur alles by my is.



Kry al die Wild Life


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life—Start Really Living

Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lew...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid