Leesplan inligting

Wilde Lewe — Begin Werklik LeweVoorbeeld

Wild Life—Start Really Living

DAG 5 VAN 12

As Jy My Soek


Wat as God nie wegkruipertjie met ons probeer speel nie? Wat as Hy nie wil hê dit moet baie ingewikkeld wees om Hom te vind nie?


Wat as die verhouding met Hom soveel meer persoonlik is as 'n stel blokkies om elke dag af te merk? Miskien het God diepe vreugdes en passies in ons geplaas, wat ons na Hom terug kan lei.


Kom ek verduidelik. Ek sou nooit daarvan droom om my tweejarige dogter te vra om deur hoepels te spring om my te vind nie. Om die waarheid te sê, as sy na my roep, kom ek aangehardloop. Hoeveel meer liefdevol is ons hemelse Vader nie? Wanneer my dogter haar verheug in die dinge waarin ek my verheug, sien ek myself in haar. In Matteus 7 sê Jesus dat ons hemelse Vader ook so is.


Gebed, Bybellees, lofprysing en aanbidding — is alles lewenskragtige dinge om God te ken, maar Hy is nie beperk tot daardie dinge nie. God se teenwoordigheid is soveel groter as wat ons ooit kan dink. Jy kan Hom ervaar as jy net aandag gee aan die stukkies van Homself wat Hy in jou geplaas het.


Ek vind Hom in rotsklim, tuinmaak, wanneer ek met my dogter speel en vir my vrou, Erin, lief is. Deur tuinmaak verstaan ​​ek byvoorbeeld die belangrikheid daarvan om iets op die regte plek te plant, om die regte soort voeding te gee, en sien ek God selfs in die wyse waarop reënbuie die wortels dwing om vaster te anker. Al hierdie passies kan aan my fasette van God ontbloot wanneer ek Hom daar soek; wanneer ek Hom met my hele hart soek.


Gee aandag aan dit wat aan jou diepe vreugde bring. Ervaar God in die stil oomblikke, in die Skrif en in gebed, maar soek Hom ook in die lag, die verhoudinge, die avonture, die sweet, die werk en selfs die trane. Wanneer jy Hom met jou hele hart soek, sal jy Hom vind. 


Tommy, God-vinder


Kyk na vandag se video


Tree op: Maak 'n lys in jou gedagtes van die dinge waarvan jy hou. Hoe kan jy God daarin vind?


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wild Life—Start Really Living

Jesus het nie sy volmaakte lewe prysgegee net sodat jy deur joune kan kom nie. Sewe ouens — soos jy — het 'n paar dae opsygesit om rustig te raak, pret te hê, antwoorde te soek en alles op video vas te vang. Gaan die lew...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid