Leesplan inligting

Verlies teenoor winsVoorbeeld

Loss vs. Gain

DAG 3 VAN 3

Materiële verlies


In die vorige oordenking het ons persoonlike verlies bestudeer, soos byvoorbeeld die verlies van 'n geliefde. In vandag se oordenking gaan ons materiële verlies bestudeer — ons besittings wat ons kan verloor. Weereens voorsien God. Hy voorsien perspektief. Hy voorsien 'n doel en sy voorsiening is perfek. Kom ons bestudeer wat God in hierdie soort verlies voorsien.


Matteus skryf oor twee teenoorgestelde perspektiewe met betrekking tot Christus se kruisdood en sy opstanding. Die eerste is die groep wagte wat Jesus se graf opgepas het. Hulle het ongetwyfeld die wonderwerk waargeneem van die seël wat gebreek is en die klip wat weggerol is. Wat 'n wonderlike getuienis oor die waarheid van Jesus se opstanding sou die wagte kon gee. Ons lees egter verder dat die priesterhoofde en familiehoofde vir die wagte 'n groot som geld gegee het en hulle aangesê het om te jok oor wat hul gesien het. Hulle het toe vertel dat die dissipels Jesus se lyk gesteel het, in plaas daarvan om die waarheid van die opstanding te vertel. Dit is die teenoorgestelde van wat die offisier, wat gesien het hoe Jesus sy laaste asem uitblaas, gesê het: "Hierdie man was werklik die Seun van God." Die wagte het aardse rykdom gekry, wat hulle kon gaan spandeer het. Hulle het hul aansien en karakter vir rykdom verruil. Die offisier het geen aardse rykdom gekry nie, maar word tot vandag toe onthou as 'n man van karakter en eerbaarheid. God gee vir ons die regte perspektief oor materiële verlies en ewige wins.


Hy gee ook vir ons 'n doel. Timoteus skryf in sy eerste brief dat ons ryk moet wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. Die wêreld vertel vir ons om ryk te wees aan skatte op die aarde, maar die Bybel leer ons dat goeie dade die werklike skatte is. Hierdie doel het 'n ewige waarde wat nie verlore kan gaan nie. Die dinge van die aarde sal gou vergaan. Wat is die rykdom waarna ons moet streef? Die tydelike of die ewige?


Laastens ontvang ons 'n wonderlike belofte in die brief van Paulus aan die Filippense. Hy vertelvir hulle dat God in hulle behoeftes sal voorsien deur die rykdom in Christus Jesus. Verstaan jy dit? Tydens verlies voorsien God deur sy Seun, Jesus. Selfs in verlies, wat deel is van die lewe, voorsien God alles wat alle verstand te bowe gaan. Hy voorsien alles. Is ons hande en harte oop om die gawes van God te ontvang?


Vir meer "Strong at the Broken Places" hulpbronne, potgooi en om die studiegids gratis af te laai, besoek gsot.edu/strong. Die "Grace Center for Spiritual Development" van die "Grace School of Theology" voorsien sertifikaat- en diploma studies, aanlyn Bybelstudie geleenthede en hulpbronne soos hierdie leesplan.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Loss vs. Gain

Is jy al deur die pynlike ondervinding van verlies? Het jy al persoonlike of materiële verlies gelei? So 'n groot verlies kan ons gebroke en magteloos laat voel, maar God ontmoet ons in ons verlies en kan ons weer heelma...

More

Baie dankie aan "Grace School of Theology" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.gsot.edu

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid