Leesplan inligting

Verlies teenoor winsVoorbeeld

Loss vs. Gain

DAG 1 VAN 3

Verlies teenoor wins


Hierdie reeks handel die dinge in die lewe wat ons kan breek – beproewinge, mislukkings en lyding – asook wat God doen om ons krag te gee te midde van ons gebrokenheid. In die volgende drie oordenkings gaan ons op verlies fokus; beide persoonlike- en materiële verlies. Ons moet eerstens die allesoorheersende waarheid in die Bybel bestudeer — verlies genereer wins. 


Paulus vertel vir die Filippense van die dinge waarin hy sy vertroue plaas. Hy is op die agste dag besny, van geboorte 'n Israeliet, uit die stam Benjamin, 'n egte Hebreër. Hy het niks gedoen om die bogenoemde te verdien nie, dit was eenvoudig so van sy geboorte af. Hy verduidelik verder sy vertroue in sy optrede. Hy was 'n Fariseër, vervolger van die kerk (wat hy geglo het reg was) en onberispelik in die onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry. Dis waarin hy sy vertroue geplaas en op staat gemaak het. Hierdie dinge — sy stamboom en sy prestasies — was sy dryfveer.


Hy maak daarna 'n verstommende stelling. Hy sê: "Maar wat eers vir my 'n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus." Met ander woorde, hy het alles, behalwe die een ding wat werklik saak maak — Jesus Christus. Hy gaan verder deur te sê dat hy alles as waardeloos beskou, want om Christus Jesus te ken oortref alles in waarde. Laastens sê hy dat hy alles prysgegee het ter wille van Christus en beskou hy dit alles (mag, status, posisie en rykdom) as verwerplik sodat hy Christus as enigste bate kan verkry.


Om dit eenvoudig te stel: om alles te hê, maar nie Christus te ken nie, is 'n verlies, maar om alles te verloor en Christus te ken is 'n wins. Waarin plaas jy jou vertroue en sekerheid? Wat is jy gewillig om te verloor om Christus as bate te verkry? 


Die Bybelse waarheid is dat verlies wins genereer. Wat jy verloor, kry jy in die vorm van Jesus Christus terug. Indien dit wat jy gekry het jou daarvan weerhou om Christus intiem te ken, is jy bereid om dit prys te gee? Paulus se uiteindelike doelwit was om Christus te ken. Is dit jou uiteindelike doelwit?


Om meer uit hierdie leesplan te put, luister na die potgooi "Strong at the Broken Places" reeks en laai die studiegids gratis af by gsot.edu/strong 
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Loss vs. Gain

Is jy al deur die pynlike ondervinding van verlies? Het jy al persoonlike of materiële verlies gelei? So 'n groot verlies kan ons gebroke en magteloos laat voel, maar God ontmoet ons in ons verlies en kan ons weer heelma...

More

Baie dankie aan "Grace School of Theology" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.gsot.edu

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid