Leesplan inligting

Verlies teenoor winsVoorbeeld

Loss vs. Gain

DAG 2 VAN 3

Persoonlike verlies


Kom ons bestudeer persoonlike verlies noudat ons die Bybelse waarheid het. Aangesien persoonlike verlies in hierdie lewe persoonlik is, en God 'n persoonlike God is, maak dit sin dat Hy persoonlike dinge vir sy skepping sal voorsien wanneer hulle 'n verlies ly. Dit is presies wat Hy doen. Hy voorsien drie baie persoonlike dinge in ons oomblikke van persoonlike verlies.


Eerstens: Hy voorsien 'n persoon, sy Seun, Jesus Christus. Matteus het Jesus se laaste woorde aan sy dissipels só in hoofstuk 28 vers 20 neergepen: "En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Dit is Jesus se eie belofte. Hy sal jou nooit verlaat of in die steek laat nie. Hy is daar vir jou tot in lengte van dae, vir ewig. Die woord “amen” beteken "laat dit so wees" of "maak staat daarop". In ons oomblikke van verlies, gee God eerstens vir ons sy Seun, vir altyd en vir alle tye.


Tweedens: God voorsien 'n doel. God vertel ons in Prediker dat daar 'n tyd en seisoen vir alles is, insluitende verlies. Daar is 'n tyd om te sterwe, te huil, af te breek, te treur en te verloor. Sien tog raak dat daar ook 'n tyd is om gebore te word, om gesond te word, om op te bou, te lag, te dans en bymekaar te maak. God vertel ons dat daar verlies gaan wees – persoonlike verlies – dit is deel van die lewe. Hy voorsien egter ook wins, wat ook deel is van die lewe. Te midde van verlies voorsien God wins.


Laastens: God voorsien 'n plek. Johannes 14: 1 haal Jesus se woorde aan: "Julle moet nie ontsteld wees nie”. Hoekom? Want Christus is met ons. Jesus se volgende woorde is “Glo in My”. Om te glo is die teenvoeter vir ontsteltenis. Hy sê: "Ek gaan om vir julle plek gereed te maak ... En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Jesus self het vir ons 'n ewige tuiste belowe. Jesus belowe sy wederkoms en om vir altyd met ons te wees.


God voorsien iemand — in die persoon van Jesus Christus — wanneer ons persoonlike verlies beleef. Hy voorsien 'n doel — verlies en wins is deel van sy plan op die aarde. Hy voorsien ook 'n plek – 'n ewige lewe saam met Jesus. God is by ons in ons persoonlike verlies. Dit is 'n belofte om aan vas te hou.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Loss vs. Gain

Is jy al deur die pynlike ondervinding van verlies? Het jy al persoonlike of materiële verlies gelei? So 'n groot verlies kan ons gebroke en magteloos laat voel, maar God ontmoet ons in ons verlies en kan ons weer heelma...

More

Baie dankie aan "Grace School of Theology" vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: http://www.gsot.edu

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid