Leesplan inligting

Blaas Geestelike Passie In Jou HuwelikVoorbeeld

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

DAG 6 VAN 7

Getroud soos 'n monnik


Is dit nie so dat die meeste argumente tussen getroudes uit teleurstelling in mekaar spruit nie? Ons wil hê dat ons maat iets moet doen, iemand moet word of iets moet snap. Dit gebeur nie soos ons verwag het nie en dan voel ons jammer vir onsself. Ons wil regtig net hê hulle moet ons liefhê soos wat God ons liefhet. Ons verwag dat hulle moet weet as ons 'n moeilike dag agter die rug het. Dat hulle moet weet ons jok as ons sê: "Moenie bekommerd wees nie. Dit maak nie saak nie. Ek het niks spesiaals nodig nie." Hulle moet weet wanneer hulle sterk of saggeaard moet wees, en wanneer hulle ons moet uitlos of aanmoedig, afhangend van wat ons op daardie tydstip die nodigste het. As hulle ons opreg liefhet, sal hulle mos vanself al hierdie dinge doen, nie waar nie?


Wees nou eerlik: Is dit nie ook hoe jy partykeer dink en voel nie?


Besef jy dat dit 'n onmoontlike opdrag vir jou maat is, wat ook net 'n mens is?


Maar wat daarvan as ek na 'n “huwelik soos dié van 'n monnik” sou streef? Wat daarvan as ek besluit ek gaan net op God vertrou om al my behoeftes te vervul en niks van my maat verwag nie, ook wat my emosionele en verhoudingsbehoeftes betref?


In plaas daarvan dat ek dan teleurgesteld is omdat my maat nie doen wat ek verwag nie, sal ek in my noppies wees met die kleinste dingetjie wat hy of sy doen. Ek sal dankbaar eerder as onvergenoegd wees.


Is dit nie juis die teenoorgestelde wat in huwelike gebeur nie? Terwyl julle nog uitgaan en hy of sy iets moois doen, dink jy: Dis wonderlik! Wanneer julle eers getroud is en jou maat gee nie geskenke waarmee jy tevrede is nie, dink jy: Is dit maar al wat ek kry? Regtig?


Dis hoekom ek 'n “huwelik soos dié van 'n monnik” wil hê. 'n Huwelik met die voordele daarvan om met 'n goddelike man of vrou getroud te wees, maar met 'n monnik se gesindheid wat niks verwag nie, net op God vertrou, en dus werklik dankbaar is vir enigiets waarmee my huweliksmaat my bederf.


* Hoe lyk jou ingesteldheid? Het jy 'n dankbare of 'n onvergenoegde houding? Hoe sal 'n “huwelik soos dié van 'n monnik” jou verhouding met jou huweliksmaat verbeter?


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe n...

More

Ons bedank graag vir David C Cook vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.dccpromo.com/a_lifelong_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid