Leesplan inligting

Blaas Geestelike Passie In Jou HuwelikVoorbeeld

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

DAG 1 VAN 7

God as skoonpa


Dit het amper soos 'n waarskuwing gekom, en om eerlik te wees, ek het dit destyds nodig gehad. Ek was 'n jong getroude man. Tydens intense gebed het ek ervaar dat God vir my sê dat Lisa nie net my vrou was nie, maar ook sy dogter, en ek haar as sulks moes behandel.


Dit was 'n openbaring! Dit het selfs 'n nog groter impak gehad toe ek eers my eie kinders gehad het. As jy in my goeie boekies wil kom, wees net goed vir een van my kinders.


Aan die ander kant, as jy my kinders te na kom, maak dit my baie kwaad. Waag dit net om hulle sleg te behandel! My bloeddruk sal sommer styg as jou naam net genoem word. Soek eerder skoor met my as met een van my kinders.


Toe ek dus besef dat ek met God se dogter getroud is — en dat julle, vroue, met God se seuns getroud is — het dit my siening oor die huwelik totaal en al verander. God voel selfs meer passievol oor my vrou — sy dogter — as wat ek oor my eie dogters voel. Skielik was dit nie net ek en een ander persoon in die huwelik nie. Dit het ook 'n derde party ingesluit, Een wat hartstogtelik in die verhouding belanggestel het. Ek het besef dat om vir my vrou te sorg altyd een van die belangrikste maniere sal wees waarop ek God sal aanbid en Hom sal verheerlik. In sy Goddelike denke sal sy altyd "sy ou dogtertjie" wees.


Ons hoor dikwels dat predikers na die vaderskap van God verwys, wat 'n wonderlike en egte leerstelling is. As jy egter 'n ander dimensie tot jou huwelik wil byvoeg, brei hierdie vergelyking uit en dink 'n slag aan God as jou skoonpa. Jy sien, as jy met 'n gelowige persoon trou, is dit tog wie Hy is!


* Het jy al ooit aan jou huweliksmaat gedink as 'n seun/dogter van God? Hoe verander dit jou optrede en ingesteldheid in jou verhouding teenoor hom/haar?


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe n...

More

Ons bedank graag vir David C Cook vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.dccpromo.com/a_lifelong_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid