Leesplan inligting

Blaas Geestelike Passie In Jou HuwelikVoorbeeld

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

DAG 4 VAN 7

Goddelike afhanklikheid


Indien jou huwelik of gesin soos 'n klug voorkom of op die rand van wanorde huiwer, is dit niks wat God nog nie gesien het of ten goede kan verander nie. Gelowiges word geleer hoe om hulle gawes, talente en potensiaal te ontwikkel. Tog is Jesus se onderrig en voorbeeld daarop gebaseer dat ons onsself moet oorgee aan die Heilige Gees. Kom ons laat die Heilige Gees toe om in ons huwelike te werk. Hy het Homself mos al bewys! As ons regtig ons huwelike wil verander, moet ons hierdie heerlike Goddelike afhanklikheid aanleer.


God sal ons nooit roep om iets te doen sonder om ons met die nodige te bemagtig om ons taak te voltooi nie. Ons mag dalk nie dink dat dit al is wat ons nodig het nie, maar dit sal wél genoeg wees. Dis nie te sê dat die taak maklik sal voel nie. God belowe egter in Jesaja 40:29: “Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.”


Dink mooi oor bogenoemde vers, want dis baie belangrik. Jesaja 40:29 impliseer dat God ons sal roep om take aan te pak wat ons nie op eie stoom kan doen nie.


Die "geheim" van 'n ware heilige huwelik is eintlik 'n persoon: die Heilige Gees wat vir ons beloof is. Dit behoort ons nie te verbaas dat Hy die Heilige Gees gestuur het om ons te help om ons huwelike te verbeter nie. Hy is tog 'n God wat baie waarde heg aan verhoudinge, daarom het Hy sy Seun gestuur om ons te red.


Die huwelik is een van die mees intieme maniere waarop twee gelowiges God saam kan aanbid. 'n Mens kan nie op 'n heilige manier getroud wees sonder die hulp van die Heilige Gees nie. Hy help ons om te verstaan wat liefde regtig beteken, gee vir ons die krag om lief te hê en wys vir ons waar ons liefdeloos optree. Hy help ons om lief te hê as ons liefdeloos raak en gee nuwe hoop as ons nie meer die moed het om lief te wees vir ons huweliksmaats nie.


* Maak jy op die Heilige Gees staat om jou en jou huwelik te versterk? Kan jy aan 'n spesifieke geleentheid dink waar jy iets nie kon regkry nie en die Heilige Gees jou die krag gegee het?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Breathe Spiritual Passion Into Your Marriage

In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe n...

More

Ons bedank graag vir David C Cook vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.dccpromo.com/a_lifelong_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid