Leesplan inligting

Romantiese Afsprake: Perke, Seks en RealiteitVoorbeeld

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

DAG 3 VAN 5

  


Moenie Van Jou Grense Afsien Nie



Dit is belangrik om in romantiese verhoudings grense te stel. Dis nodig om te keer dat die verhouding verder vorder ten spyte van 'n probleem wat jou in die toekoms ongelukkig kan maak en moontlik jou huwelik vernietig. Dis ook belangrik om te weet in watter areas jy bietjie kan toegee, sonder om later 'n wrok te koester.



Baie mense verstaan nie wat dit beteken om grense te stel en hoe dit eerder tot jou voordeel as jou nadeel is nie. Voordat jou verhouding met iemand te ernstig raak, of jy hals-oor-kop verlief raak, moet jy besluit waar jy die streep gaan trek. Dikwels raak mense so gou in 'n verhouding betrokke dat hulle vergeet om op te let na die gevaartekens wat die verhouding kan laat verbrokkel. Of nog erger; hulle sien dit, maar ignoreer dit. 



Grense is nie grys nie; dis óf wit óf swart — daar is nie ruimte vir 'n skikkingsooreenkoms nie. Dit verwys na die ding (of dinge) in jou verhouding wat jy geensins gaan duld of toelaat nie. Grense sluit geestelike en praktiese sake in en moet bepaal word terwyl jou verstand nog helder is en voor jy te emosioneel by iemand betrokke raak. 



Mense wat die grense ignoreer, word "emosionele blindes" genoem. Hulle sal skik vir enigiets op enige vlak, wat dan die potensiaal het om hulle toekoms te vernietig. Dis ook 'n goeie rede om verantwoordbare vriende te hê; hulle sal nie so verblind word soos jy nie.



Maak vandag nog tyd om 'n paar grense neer te skryf waaroor jy nie gaan onderhandel as dit by romantiese verhoudings kom nie. Dis baie belangrik om dit te doen, want elkeen se grense gaan uniek aan hom- of haarself wees. 



Jy moet ook weet dat jy sterk genoeg sál wees om nie jou grense te oorskry nie, maar eerder die verhouding te verbreek. Moenie by die verkeerde persoon bly uit blote vrees dat jy nooit iemand anders sal kry nie. 



Dit kan beslis 'n ontstellende en moeilike keuse wees om te maak, maar op die lange duur sal jy gelukkiger wees as jy jouself kan laat geld. 



As jy enkellopend is, maak nou tyd en skryf die grense neer wat baie belangrik vir jou in 'n verhouding is en waaroor jy nie gaan onderhandel nie. 



As jy alreeds met iemand uitgaan, ondersoek daardie verhouding en maak seker dat jy nie alreeds toegewings ten opsigte van jou grense gemaak het nie. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

Is jy moeg vir romantiese afsprake wat misluk of op 'n ramp uitloop en jou teleurstel? Hierdie vyf-dag leesplan pak die bul by die horings en gee vir jou 'n praktiese plan wat jou sal help om 'n gesonde en genotvolle afs...

More

Baie dankie aan Adonis Lenzy en Heather Lenzy wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.adonislenzy.com/product/dating-in-black-white-book-autographed-copy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid