Leesplan inligting

Romantiese Afsprake: Perke, Seks en RealiteitVoorbeeld

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

DAG 2 VAN 5

  


Seks Is Beter As Daar Perke Gestel Word


Onthou altyd dat die persoon slegs jou gesel vir die afspraak is en nie jou sielsgenoot nie.


God het seks gemaak en dit kan sonder skuldgevoelens, skaamte of nagevolge in 'n huweliksverhouding geniet word. Wanneer die seksdaad buite die huwelik plaasvind, maak dit plek vir 'n oormaat van emosies, probleme, skuldgevoelens en skaamte. 


God is vergewensgesind en ja, jy kan vir seksuele sonde vergifnis ontvang. Die probleem is dat dit soms weke, maande of selfs jare neem om vry te raak van die sielsverbintenisse en bagasie wat daarmee saamgaan. Dis hoekom God ons vooraf in sy Woord waarsku om van seksuele sonde af weg te hardloop. 


Stel 'n paar praktiese veiligheidsmaatreëls in plek om julle altwee te beskerm. As die ander persoon dit teenstaan, gee hulle dalk nie so baie om soos wat jy gehoop het hulle sou nie.


1. Hou te alle tye jou klere aan, wat ook al gebeur.


Glo my, niks goeds kan gebeur as jy jou klere uittrek nie, tensy jy getroud is. As jy veilig wil wees, hou jou klere aan. My Sondagskool onderwyseres het altyd gesê: "Geen naaktheid, geen sonde." Regtig, dis iets wat ons dikwels onderskat. As jy eers oor daardie tou getrap het, is dit soos 'n vliegtuig wat gereedmaak om op te styg.


2. Vermy 'n vryery.


'n Vryery kan in 'n seksuele obsessie verander. Weet wat jou grense is en bly ver daarvandaan weg. Dis regtig waar, dat jou vlees buite beheer kan raak en nie kan stop nie. Dis waar vir beide nie-Christene sowel as Christene. Jy moet 'n paar voorwaardes stel wanneer dit by 'n soenery kom. Om regop te staan en soen op 'n plek waar daar baie ligte is, is baie anders as wanneer jy op jou bed of op 'n bank in die donkerte is. 'n Situasie kan binne sekondes buite beheer raak. 


3. Moenie oorslaap nie.


Dis net kinders wat oorslaap. Jy is 'n volwassene en jou hormone het al verder ontwikkel. Moenie aan jouself of iemand anders probeer bewys dat jy sterk genoeg is om nie seks voor die huwelik te hê nie. 


4. Praat met jou verantwoordbare vriend(in).


Ons het al vroeër die belangrikheid van verantwoordbaarheid bespreek. Dié persoon is daar om jou deur verhoudings te help lei. Wanneer jou drange en begeertes te sterk raak, kan dié persoon jou help om perke te stel en wyse raad gee. Jy is dalk te emosioneel betrokke om die ooglopende raak te sien, maar hulle kan wyse raad gee te midde van jou gevoelens.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

Is jy moeg vir romantiese afsprake wat misluk of op 'n ramp uitloop en jou teleurstel? Hierdie vyf-dag leesplan pak die bul by die horings en gee vir jou 'n praktiese plan wat jou sal help om 'n gesonde en genotvolle afs...

More

Baie dankie aan Adonis Lenzy en Heather Lenzy wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.adonislenzy.com/product/dating-in-black-white-book-autographed-copy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid