Leesplan inligting

Romantiese Afsprake: Perke, Seks en RealiteitVoorbeeld

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

DAG 1 VAN 5

  


Moet Nooit Alleen Uitgaan Nie



Romantiese afsprake kan beide opwindend en vreesaanjaend wees. Jy kuier saam met iemand van wie jy hou en hopelik hou die ander persoon ook van jou. Julle begin oor die toekoms praat en hoe dit gaan voel en lyk. 



Dis pret, opwindend en kan jou vir 'n paar dae baie goed laat voel. Die probleem is egter, wanneer jy jou emosies vrye teuels gee, sien jy nie meer die gevaartekens raak nie. Jy steur jou ook nie aan die grense wat jy vir jou reis op romantiese afsprake gestel het nie.



'n Goeie vriend wat jou aanspreeklikheidsvennoot kan wees, kan jou help om die gevaar te sien wanneer jy smoorverlief is en kan jou ook die waarheid vertel as jy te bang is om dit te erken. Wanneer daar geen verantwoordbaarheid is nie, is die kans groter vir emosionele skade, 'n gebroke hart en 'n verbryselde gees. 



Dis noodsaaklik om aanspreeklik te wees as jy 'n gesonde verstandhouding wil hê. Dit sal alles net doeltreffend wees as jy twee dinge reg doen. Jy moet eerstens die regte verantwoordbare vriend of vriende vind en tweedens sal jy te alle tye teenoor hulle eerlik moet wees. As jy vir hulle leuens oor jou verhouding gaan vertel, is dit al klaar 'n aanduiding dat jou verhouding nie reg verloop nie en jy sekere dinge wil wegsteek. 



Hoe om 'n Verwantwoordbare Persoon te Kies



Dis baie belangrik dat jy hier 'n wyse besluit maak. Dit moet iemand wees wat dieselfde geloofsoortuiging as jy het, wat vir jou omgee en die beste vir jou in gedagte het. Dit moet ook iemand wees wat eerlik met jou sal wees. Jy moet bereid wees om raad van daardie persoon te ontvang, al hou jy nie van wat hulle sê nie. 



Daardie persoon moet iemand wees na wie toe jy kan gaan as daar uitdagende tye in jou verhouding is en wat jou deur jou probleme kan help. 



Dis nie 'n goeie idee om iemand te kies wat nog nie 'n suksesvolle verhouding gehad het nie, of iemand wat nog bagasie van 'n vorige verhouding saamdra nie. 



Voorbeelde van 'n Goeie Verantwoordbare Persoon



Iemand wat in 'n suksesvolle huwelik is


Iemand wat wil sien dat God se wil in jou lewe geskied


Iemand wat net die beste vir jou in gedagte het



Vir meer inligting oor Romantiese Afsprake 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dating In Black & White: Boundaries, Sex & Reality

Is jy moeg vir romantiese afsprake wat misluk of op 'n ramp uitloop en jou teleurstel? Hierdie vyf-dag leesplan pak die bul by die horings en gee vir jou 'n praktiese plan wat jou sal help om 'n gesonde en genotvolle afs...

More

Baie dankie aan Adonis Lenzy en Heather Lenzy wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.adonislenzy.com/product/dating-in-black-white-book-autographed-copy/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid