Leesplan inligting

Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 5 VAN 14

Hoop Is Volharding



Maria en Josef se 113 km reis van Galilea tot in Betlehem, het hulle oor rotsagtige en ongelyke paaie geneem. Die reis sou uitputtend gewees het vir 'n jong man in sy fleur, hoeveel te meer 'n swanger vrou.



Maria het waarskynlik oomblikke ondervind wat sy wou tou opgee. Maar sy het geglo God sal getrou wees, so toe die pad moeilik en die toestande vir geboorte nie ideaal was nie, kon sy aan die belofte vashou dat haar baba sou opgroei tot die man wat die wêreld sou red.



Wanneer ons hoop in God se beloftes ons aksies bepaal, groei geloof. Hebreërs 11:1 beskryf geloof so: "Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie." Deur vertroue te hê in waarvoor hulle gehoop het, nie hoe hulle gevoel het of wat hulle kon sien nie, het Maria en Josef volhard.



By tye voel ons die onsekerheid van ongelyke, rotsagtige paaie. Ons mag selfs voel ons is op 'n reis wat onmoontlik lyk. Hoop is wat ons toelaat om te volhard deur die vrees en pyn. En hoop is kragtiger as enige opdraande reis wat ons vandag in die oë kyk.



Bid:



Jesus, baie dankie dat U my hoop gee in moeilike omstandighede. Ek wil dit vir my vriende en familie ook hê. Help ____________ om U beloftes te glo, selfs as lewensomstandighede onseker lyk.



Oordink:



Het jy moeilikhede met finansies, verhoudings of geestelik? Wat is een area van jou lewe waar jy hulp nodig het om te volhard? Dink na oor wat jou nou in die gesig staar en hoe jy voel oor die uitdagings vorentoe.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo iets beter lê voor. En God weet ons het meer geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid