Leesplan inligting

Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 9 VAN 14

Hoop Word Ontvang



Ons wêreld leer ons dat as ons die regte dinge doen, sal ons suksesvol wees. As ons ywerig studeer in ons jonger jare, kan ons die werk kry wat ons altyd wou gehad het. As ons meer projekte by die werk aanpak, kan ons die bevordering kry. As ons ons kinders reg leer, sal hulle hulle goed gedra. As ons tyd aan ons huwelik spandeer, sal ons beter toegerus wees om konflik te hanteer. Maar wanneer hierdie formules nie in elke situasie werk nie, raak ons moedeloos.



Ons het gedink ons kan 'n blinker toekoms verdien, maar realiteit laat ons dikwels sonder hoop.



In die boek Psalms leer Dawid ons dat hoop nie iets is wat ons op ons eie kan regkry nie. God is die gewer van hoop. Paulus, 'n leier in die vroeë kerk, skryf aan die mense van Efese: "Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie." (Efesiërs 2:8-9)



Omdat Jesus ons redding gee, ontvang ons hoop van Hom. Wanneer ons ons lewe vir God gee, plaas Hy hoop in ons harte.



Daar is geen towerformule wat ons outomaties met hoop vul nie. 'n Geskenk is nie iets wat verdien word nie; dit word vrylik gegee. Dieselfde is waar van die geskenk van hoop wat Jesus ons aanbied. Ons moet dit net ontvang. Daar is niks wat ons kan doen wat sy onverdeelde liefde vir ons kan blus nie.





Bid:



Jesus, baie dankie dat U vir ons nie net redding gee nie, maar ook hoop. Help my om na my huidige omstandighede te kyk met hoop, omdat U met my is.



Oordink:



Wie in jou lewe het hoop nodig? Bid vir daardie persoon.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo iets beter lê voor. En God weet ons het meer geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid