Leesplan inligting

Hoop IsVoorbeeld

Hope Is

DAG 14 VAN 14

Hoop Is Wat Ons Almal Verbind



Wat verenig ons? Gesinne is verenig deur bloed. Vriende is dikwels verenig deur gedeelde belangstellings en ondervindings. Medewerkers is verenig deur 'n gesamentlike doelwit.



Die kerk is verenig deur 'n gedeelde hoop. Efesiërs 4 sê: "Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. Daar is net één Here, één geloof, één doop, één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon." (Efesiërs 4: 4-6) Ons is geroep tot een hoop; die hoop wat net gevind word as ons Jesus vertrou vir die vergifnis van sonde.



Regoor die wêreld is Christene verenig deur geloof in Jesus en die hoop van sy wederkoms. Jesus het sy dissipels opdrag gegee om "uit te gaan en dissipels te maak van al die nasies…"(Matteus 28:19) en vir die laaste 2000 jaar, is die hoop wat in Jesus gevind word, regdeur die wêreld versprei. Die wêreld is verewig verander. Van Afrika tot Australië tot Europa en van Asië tot die Amerikas, het die volgelinge van Jesus vergader onder die banier van hoop.



Soos ons saamkom in gemeenskap en hoop ontvang van ander, groei ons sterker in Christus as individue en as 'n globale kerk. Jesus is die hoop vir die wêreld en deur die kerk wil Hy hê ons moet daardie hoop met almal deel.



Ons is nie geskep om alleen te lewe nie. Ons vind ons doel en missie deur die plaaslike kerk. Hoop bind ons almal saam as volgelinge van Christus. Kom ons verenig vandag as een kerk regoor die wêreld, en vier die hoop wat net in Jesus gevind word.



Bid:



Jesus, dankie dat ek nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Ek bid dat wanneer ek ook al eensaam of vergete voel, ek die hoop sal onthou wat ek in die gemeenskap van mense rondom my het.



Oordink:

Vra God om aan te hou om die kerk toe te laat om sy hoop met die wêreld te deel. Watter rol sal jy hierin speel? Is daar enigiemand wat jy kerk toe moet nooi of moet jy meer betrokke raak by die kerk? Vra God om jou die volgende stap te wys.











Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Hope Is

Ons wil almal glo iets beter lê voor. En God weet ons het meer geskenke onder die boom nodig om vreugde te vind. Wat ons nodig het is hoop. Hierdie leesplan, wat deur NewSpring Church geskep is, sal jou help om die krag...

More

Baie dankie aan NewSpring Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid