Leesplan inligting

God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 3 VAN 30

DAPPER SOLDAAT

Jesaja 42:13

O God, U is 'n Dapper Soldaat! U verteenwoordig geregtigheid, vrede en vreugde wat U vryelik gee aan almal wat in U glo. Ek dank U, Jesus, my Verlosser, dat U in die "voorste linie" van die geveg staan, sodat ek nou en vir altyd 'n oorvloedige lewe in U koninkryk kan hê! Ek bid dat U my sal beskerm; want die vyand is boos omdat U siele met U liefde wen. In die hemel en op aarde, in harte en verstand, word die oorlog steeds gevoer ... Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke heerser, gesag en die bose magte in hierdie donker wêreld. Beskerm my teen die vurige pyle van vrees, ontsteltenis, verwarring en twyfel wat die vyand steeds in my rigting stuur. Omring my met U magtige teenwoordigheid; vul my met u glorieryke mag. Stry Here, teen diegene wat teen my stry. Veg teen diegene wat teen my veg. Neem U spies en skild en rys op tot my hulp. Neem ook U spies en strydbyl en sê vir my siel: "Ek is jou redding!"

© Chris Baxter 2014 Ð Clear Day Uitgewers


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "Die hartklop van God." Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O God, U is...". Dan word Sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O God, U is goed") ontvou....

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid