Leesplan inligting

God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 30 VAN 30

SELFVERTROUE

Spreuke 3:26

Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy sal jou beskerm. Liewe Jesus, ek bely egter aan U dat ek nie altyd so leef nie. Vergewe my wanneer my geloof wankel, my oë dwaal en my voetstappe verswak. Laat my onthou wie U is: God Almagtig, Magtige Skepper, Heer van die Leërskare, Koning van Glorie. Ja, U is my Banier, my Herder, my Vrede en my Verdediging. Herinner my, Here, dat U die Groot EK IS, 'n skild voor my en 'n fondament onder my is. Wanneer ek uitgeput vra: "Waar kom my hulp vandaan?" Laat my met selfvertroue sê: "My hulp kom van die Here wat die hemel en die aarde gemaak het." U, O God, sal nie toelaat dat ek struikel nie; U wat my beskerm, slaap nooit nie. U sal my beskerm teen alle gevaar, my lewe sal U beskerm. Ja, U maak my voete soos dié van 'n ribbok; op hoë plekke laat U my stewig staan. U leer my hande om oorlog te maak, my arms om selfs die stramste boog te span. Hoor my sê met nuwe geloof: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee!" Ja, U, O God, is my selfvertroue.


© Chris Baxter 2014  Clear Day Uitgewers


Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "Die hartklop van God." Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O God, U is...". Dan word Sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O God, U is goed") ontvou....

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid