Leesplan inligting

God se HartklopVoorbeeld

The Heartbeat of God

DAG 2 VAN 30

MANJIFIEK

Psalms 105: 1-3

O God, U is Manjifiek! Die hemel is U troon en die aarde is U voetbank. U hemele is vol van U grootsheid, en U aarde is vol van U lof. Laat die hemele verheug wees, laat die aarde bly wees. Laat die see druis en ook alles daarin. Laat die velde jubel en alles daarop! Laat die bome van die bos juig
voor die Here.
Mag ek ook by hierdie koor van dank en lof aansluit. Dankie vir U manjifieke wonders; Dankie vir U manjifieke weë. Met een arm regeer U met krag en mag en verslaan my vyande; en met die ander arm hou U my versigtig naby U, soos 'n herder wat sy kudde versigtig oppas. Hoor my sê, manjifieke God, ek is bly; en ek is lief vir U met my hele hart!

© Chris Baxter 2014 Ð Clear Day Uitgewers

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Heartbeat of God

'n Geloofskat lê in hierdie 30 dae van toewyding, "Die hartklop van God." Elke dag begin met 'n lofverklaring met die woorde: "O God, U is...". Dan word Sy karakter en eienskappe (byvoorbeeld: "O God, U is goed") ontvou....

More

Baie dankie aan Chris Baxter wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.respitefortheweary.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid