Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 5 VAN 41

Lees: 1 Johannes 4:1; 1 Tessalonisense 5:21; Handelinge 17:11; Psalms 119:11; Titus 3:3-6; Jakobus 1:22

SOAP: Psalms 119:11

Een van die ergste gevoelens in die wêreld is wanneer jy 'n aanname oor iets of iemand maak, net om uit te vind dat jou onkunde jou tot die verkeerde gevolgtrekking gelei het. Byvoorbeeld, jy besluit dat jy sonder aanwysings na 'n bestemming gaan ry waar jy nog nooit voorheen was nie deur net die motor voor jou te volg. Wanneer jy dan verdwaal omdat jy die motor wat jy gevolg het by ‘n rooi verkeerslig verloor het, het jou onkunde jou mislei.

Dit is maklik vir Satan om ons te mislei wanneer ons nie God se Woord ken nie. Satan is die meester van halwe waarhede en as ons nie doelbewus God se Woord bestudeer en dit op ons lewens van toepassing maak nie, kan ons vind dat ons sy leuens glo. God se Woord behoort 'n anker vir ons geloof te wees. Die Skrif beklemtoon die belangrikheid om God se Woord te ken en dit van toepassing te maak in ons lewens. Dit vereis begrip van wat God se Woord sê, om te bepeins oor hoe dit met ons verband hou en om doelbewus te doen wat dit sê. Dit is so maklik om in onkunde te leef. Maar God wil meer vir ons hê. Sy diepste begeerte is dat jy die lewe in oorvloed sal leef in die volle kennis van God.

Hemelse Vader, dankie dat U Uself deur die Skrif aan my geopenbaar het. Ek bid dat ek u Woord sal hanteer as my kosbaarste geskenk. Help my om nie in onkunde te wandel nie, maar om 'n passie vir u Woord te ontwikkel, sodat ek U beter kan leer ken.

In Jesus se naam,

Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid