Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 1 VAN 41

Lees: Genesis 3:1-4; Johannes 8:44; Efesiërs 6:11 

Soap: Johannes 8:44; Efesiërs 6:11

Was jy al ooit aan die ontvangkant van 'n leuen? Die misleiding steek soos 'n swerm bye tot in jou siel. Satan, die vader van leuens, het die mensdom geteister sedert die dae in die Tuin van Eden. Toe die slang Eva versoek het, het hy halwe waarhede gebruik om haar tot ongehoorsaamheid uit te lok. Satan het Eva verlei om te fokus op wat God verbied het, in plaas daarvan om dankbaar te wees vir alles wat sy van God ontvang het. Omdat Eva Satan se leuen geglo het, het sy God se goedheid in twyfel getrek en geswig voor die versoeking.

Ons ontken somtyds die listigheid en vernietigende krag van Satan. Ons kan hom as 'n spotprentkarakter voorstel wat net tydens Halloween bestaan, maar om sy vermoë om skade aan te rig te minag, is soos om die waarskuwings in die Skrif te ignoreer.

Jesus waarsku ons teen Satan se leuenagtige karakter. Hy noem hom die vader van leuens, sonder enige waarheid in hom. Dit is dus in sy natuur om te mislei.

Aangesien Satan aktief planne teen ons beraam, moet ons onsself teen sy misleiding bewapen. Die Here laat ons nie met leë hande en weerloos nie. As ons Groot Voorsiener het Hy ons die geestelike wapenrusting gegee om staande te bly teen alles wat Satan na ons kant toe gooi.

In watter area van jou lewe sukkel jy om die waarheid oor jouself, jou verhouding of jou omstandighede te sien? Die vader van leuens is aktief besig om te probeer verhoed dat jy die plan wat God vir jou het, verstaan. Onthou vandag dat God jou alles gegee het wat jy nodig het om staande te bly teen die duiwel.

Hemelse Vader, help my asseblief om in tye wanneer die lyn tussen die waarheid en die leuen onduidelik is, na U te kyk om my te lei. Help my om u Woord te onthou. Dankie dat U my alles gee wat ek nodig het om teen die verleiding op te staan. Deursoek my hart en wys my u waarheid in hierdie studie. 

In Jesus se naam, 

Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid