Leesplan inligting

In Alle DingeVoorbeeld

In All Things

DAG 4 VAN 5

'n Oproep tot Vreugde



Terwyl Paulus in kettings was, het hy hom verbly. Wat kon soveel vreugde in sy hart bring terwyl hy verskriklike pyn en onregverdige omstandighede moes verduur? Paulus het begryp dat sy geestelike redding nooit van hom weggeneem kon word nie. Toe alles om hom donker was, het sy redding aan hom vreugde gebring. 



In Filippense word ons tot 'n lewe van vreugde opgeroep. In ons redding, gee God aan ons 'n vreugde wat berus op iets wat baie sekerder as enigiets op aarde is. Ons vreugde berus op Jesus: sy volmaakte lewe, sy opofferende dood, sy wonderbaarlike opstanding. 



Al het ons foute gemaak en al worstel ons steeds met sonde, as ons in Christus is, kan niks ons van God se liefde skei nie. Ons het 'n ewige bron van vreugde tot ons beskikking. 



Jesus is getrou om sy volgelinge te herinner dat die grondslag van hul vreugde nie hul suksesvolle bediening is nie, maar die feit dat God hulle gered en verlos het. Redding is die grootste geskenk wat ons ooit kan ontvang. Ons redding is die bron van uitbundige vreugde. Dit is die evangelie van die "goeie nuus". 



In die Grieks-Romeinse wêreld, is die term evangelie dikwels deur die keiser na 'n suksesvolle veldslag gebruik. Hy sou sy gesant vooruit stuur om die "goeie nuus" van hul oorwinning te verklaar. Dit sou dan lei tot vreugde en feesviering vir almal onder sy heerskappy. 



Toe Paulus die evangelie van God met die mense in Filippi gedeel het, het hy gepraat soos 'n gesant wat 'n hemelse oorwinning verklaar. Hierdie goeie nuus het twee duisend jaar gereis om vandag vir jou en my te bereik. 



Die sonde wat ons vasgevang, vasgebind het, is oorkom. Die oordeel wat ek en jy na regte verdien, is ons kwytgeskeld! Jesus se dood aan die kruis het die straf vir ons sonde betaal en sy opstanding verseker ons oorwinning. Net soos Hy 'n nuwe liggaam ontvang het, sal ons ook nuwe liggame ontvang. Soos Hy nou aan die sy van sy Vader regeer, sal ons ook saam met Hom regeer. 



Ons het so baie om te vier. Dit maak nie saak wat in ons lewens gebeur nie, as ons onder die heerskappy van Christus is, is ons oorwinning verseker. Ons mag dalk voor swaarkry, stryde, onenigheid in verhoudings, fisieke siektes en ander pynlike beproewinge in ons reis te staan kom. Tog sal ons alles oorkom. Alles sal regkom. Eendag sal ons tuis wees by ons Koning, ten volle in rus en veilig tot in ewigheid. 



Hoe verander 'n ewigheidsperspektief jou siening van jou lewe vandag?


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

In All Things

Die brief wat Paulus aan die gemeente in Filippi geskryf het, het oor geslagte heen gereis om vandag ons harte en denke te voed en uit te daag. Hierdie 5-dag leesplan gee jou 'n kykie in die boek Filippense, baie eeue na...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/561570/in-all-things-by-melissa-b-kruger/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid