Leesplan inligting

In Alle DingeVoorbeeld

In All Things

DAG 3 VAN 5

Deel van die Familie



In sy inleiding aan die Filippense, identifiseer Paulus homself as 'n dienaar van Jesus Christus en hy skryf aan al die heiliges in Jesus Christus. In albei gevalle is sy woordkeuse betekenisvol. Regdeur die Ou Testament het die Israelitiese leiers die onderskeiding gekry deur dienaars van God genoem te word. 



Toe Paulus homself bekendgestel het, het hy een klein veranderinkie gemaak. Hy het nie homself 'n dienaar van God of 'n dienaar van die Here genoem nie. Hy het gesê hy is 'n dienaar van Jesus Christus. Hierdie woordkeuse het 'n belangrike betekenis: hy stel Jesus gelyk aan God. 



Miskien is dit vir jou en my ou nuus, maar dit is betekenisvol vanuit 'n geskiedkundige perspektief, dat Paulus geglo het Jesus en God is dieselfde. Die begrip dat Jesus God is, is nie 'n legende wat oor honderde jare na sy dood ontwikkel het toe die mense al die ware Persoon vergeet het nie. Diegene wat Hom gevolg het en Hom persoonlik geken het, het geglo dat Jesus beide volledig God en volledig mens is. 



Dit is ook bemoedigend om kennis te neem dat Paulus die Filippense heiliges genoem het. Trouens, hy het hierdie term gereeld in sy briewe gebruik wanneer hy na medegelowiges verwys het. (Paulus het tog nooit aan die "sondiges in Rome" of enige ander plek geskryf nie.) 



Wanneer ons eers deel van die familie van God is, word ons as heiliges beskou, nie sondaars nie. Om 'n heilige te wees, beteken nie ons is volmaak nie. Dit is wie ons word wanneer ons glo. Ons identiteit beteken nie ons is nou bevry van die stryd teen sonde nie. Ons sal regdeur ons lewens foute maak. Nietemin, daar is 'n groot verskil tussen 'n heilige wat met sonde worstel en 'n sondaar wat probeer om 'n heilige te wees. 



Laat dit jou vandag bemoedig: jy is 'n geliefde heilige van God! Jy voel miskien nie soos een nie, maar jou identiteit verander nie; dit is gewortel in God se ingesteldheid teenoor jou. Deur geloof in Jesus, word ons deur God aangeneem en deel van sy familie. 



Staan tyd in gebed af en vra God om jou hart met hierdie goeie nuus te hernu en te verfris. Ons raak maklik deur foute en mislukkings ontmoedig. Ons moet beslis oor ons sonde rou en dit bely. Ons moet ons egter ook in ons nuwe identiteit verbly. Gaan nou na die Here — vrylik, met afwagting, vrymoedigheid en vol hoop. Hy kyk na jou as sy kind en jy kan al jou hoop, vrese en mislukking na Hom toe bring. 



Hoekom is ons identiteit in God iets om ons in te verbly?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In All Things

Die brief wat Paulus aan die gemeente in Filippi geskryf het, het oor geslagte heen gereis om vandag ons harte en denke te voed en uit te daag. Hierdie 5-dag leesplan gee jou 'n kykie in die boek Filippense, baie eeue na...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/561570/in-all-things-by-melissa-b-kruger/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid