Leesplan inligting

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

DAG 5 VAN 5

’n Skuldvrye Lewe  


Jou verhouding met jou Hemelse Vader, deur Jesus, sy Seun, is die mees basiese van al jou verhoudings. As God nie die hoeksteen van jou lewe is nie (sien 1 Korintiërs 3:11), sal die basis waarop jy jou ander verhoudings bou baie wankelrig wees. 


Wat vir my so wonderlik is van ’n lewe met God, is dat ons vry raak van ’n vals skuldgevoel – skuldig oor wat ons nie is nie – want in Hom is ons vry om die lewe te geniet wat Hy ons gegee het. Ons kan ontslae raak van die skuldgevoel dat ons nooit genoeg tyd vir Hom het nie deur Hom te nooi na die 24 uur wat ons elke dag het en deur al ons aktiwiteite en fasette van die lewe aan Hom toe te wy. Ons kan Hom vra om op ’n praktiese manier by ons te wees in die roetine en dikwels vervelige pligte van elke dag. 


’n Vals skuldgevoel ontstaan dikwels omdat ons nie werklik glo ons is goed genoeg om te ontvang wat Hy ons gee nie. Gevolglik is dit ons self wat voorkom dat ons ’n buitengewone verhouding met God geniet, omdat ons lewe dan skuldgedrewe in plaas van Godgedrewe is. 


Die enigste manier om ooit vir ewig sonder ’n skuldgevoel te leef, sonder bevraagtekening en in algehele geloof, is om die absolute feit te aanvaar dat sy vleklose, suiwer en volmaakte lewe gegee was in ruil vir jou onvolmaakte, sondige, onsuiwer lewe, al verstaan jy nie ten volle wat Jesus vir jou op Golgota gedoen het nie (sien 1 Johannes 1:6–10).

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-daglees-plan vir ’n doelgerigte lewe sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe talente te ontwikkel, om helder te skyn in ’n donker wêreld en om elke dag te groei in hul verhouding met God. Elke dag bevat gedagtes ...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Angelique du Toit dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek “Staan sterk in ’n wankelende wêreld”, besoek https://www.cumbooks.co.za/staan-sterk-in-n-wankelende-wereld-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid