Leesplan inligting

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

DAG 3 VAN 5

’n Kalm Gemoed


Geniet jy regtig jou lewe? Gryp jy die goeie dinge aan wat elke dag bring, of kla jy dat jou lewe nie is wat dit kon gewees het nie? 


Toe ek stadig maar seker die waarheid begin besef het van hoe die Here my beskou (sien Jeremia 1:5 en 1 Petrus 1:3–4), hoe Hy my liefhet en vir my sorg, het ek dit begin waag om weg te beweeg van die verwronge beeld van myself waarmee ek vir soveel jare geleef het. Ek het die leuen geglo dat ek nie waardig is nie, dat ek nie suksesvol kan wees nie, dat ek nie veel het om te bied nie. Saam met al die ander leuens, het dit my ’n baie slegte beeld van myself en my lewenstrategie gegee. Dit het veroorsaak dat ek ’n masker gedra het en ’n beeld aan die wêreld voorgehou het van iemand wat glad nie ek is nie.


Soos my hart gesond geword en ek dit gewaag het om te glo dat daar meer aan my lewe is, het ek die leuens begin verruil vir die waarheid van God se mening van my. In plaas daarvan om myself as deurmekaar, gebroke en verstote te beskou, het sy beeld van my stadig maar seker my werklikheid begin word (sien 1 Petrus 2:9 en Johannes 15:16). 


As jy die lewe begin lei wat God vir jou wil hê, kry jy nuwe lewensgenot. Hy sal jou oorvloed laat ervaar soos wat jy nog nooit geken het nie. Jy sal die vreugde ken wat uit ’n innerlike kalmte spruit (sien Spreuke 17:22).


Persoonlike transformasie het ’n prys om te betaal, maar dit is oor en oor die prys werd, want die beloning is soveel groter as die belegging. Dink net aan ’n lewe van ware vryheid – vry van jou verlede, vry van ander se menings, vry om jouself te wees. Dink net daaraan om met eerlikheid na jouself in die spieël te kan kyk en God te dank dat Hy jou gemaak het net soos jy is. Om dan saam met Hom te werk om die nodige aanpassings, verbeterings en veranderings aan te bring om selfs groter vreugde in jou lewe vry te stel.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-daglees-plan vir ’n doelgerigte lewe sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe talente te ontwikkel, om helder te skyn in ’n donker wêreld en om elke dag te groei in hul verhouding met God. Elke dag bevat gedagtes ...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Angelique du Toit dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek “Staan sterk in ’n wankelende wêreld”, besoek https://www.cumbooks.co.za/staan-sterk-in-n-wankelende-wereld-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid