Leesplan inligting

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du ToitVoorbeeld

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

DAG 2 VAN 5

’n Persoonlike Doelgerigtheid


Jy het gawes, talente en ervaring wat net jy kan gebruik om jou te kry waar jy behoort te wees. Jou doel dryf jou passie sodat jy jou persoonlike roeping met mening kan vervul.


Jy besef dit miskien nie, maar jou doel is daardie begeerte of droom wat jou aangryp, wat vir jou opwindend is en wat jou aanvuur. Dit is dikwels iets wat onmoontlik lyk, wat oneindig ver verwyderd voel van waar jy tans is. Jou persoonlike doel gee jou die geleentheid om weg te breek van die oortuigings wat jou beperk en maak jou hart wyd oop om die dinge aan te gryp waarvoor jy so doelbewus geskape is (sien Psalm 138:8). “Maar hoe vind ’n mens jou ware plek in die lewe?” vra jy miskien.


’n Menigte mense dwaal deur die lewe en wonder of daar werklik ’n doel met hul lewe is. Waar begin ’n mens om te probeer uitvind waarvoor God jou geskape het en in die wêreld gebring het? Jy kan sinies wees oor die lewe en konsentreer op die dinge wat jy nie het nie, in plaas daarvan om ’n potensiële gawe in jouself raak te sien. Maar jou negatiewe selfspraak kan veroorsaak dat jy wonderlike geleenthede misloop.


As jy ’n oomblik stilstaan, jou ’n bietjie afsonder van jou besige lewe en nadink oor hoeveel keer jy al ’n innerlike gevoel van opwinding gekry het wanneer jy aan ’n moontlikheid in die toekoms dink, oor die kere wat jy al verskeie tekens voor jou gesien en aangevoel het, sien jy dalk net daardie hartsbegeerte van jou raak.


Gryp daardie hartsbegeerte aan, want die Here het dit daar gesit. Hy het jou toekoms vooruitbestem en Hy het jou reeds die mag gegee om dit te laat gebeur (sien Jesaja 14:24). Jou begeerte is jou bloudruk. Sy plan vir jou is nie ’n afskrif van iemand anders s’n nie; dis uniek.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Staan Sterk In ’n Wankelende Wêreld Deur Angelique Du Toit

Hierdie 5-daglees-plan vir ’n doelgerigte lewe sal lesers aanmoedig om hul Godgegewe talente te ontwikkel, om helder te skyn in ’n donker wêreld en om elke dag te groei in hul verhouding met God. Elke dag bevat gedagtes ...

More

Baie dankie aan Struik Christian Media en Angelique du Toit dat hulle hierdie plan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting oor die boek “Staan sterk in ’n wankelende wêreld”, besoek https://www.cumbooks.co.za/staan-sterk-in-n-wankelende-wereld-sagteband

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid