Leesplan inligting

AsemhalingsruimteVoorbeeld

Asemhalingsruimte

DAG 4 VAN 5

Geld is nie net geld vir God nie. Dit is meer as rande en sente en lenings en begrotings. Vir God, wys jou geld se rigting die liefde van jou hart. Hoe jy dit spandeer (of soos wat ons vandag sal sien, of jy dalk glad nie gewillig is om dit te spandeer nie) wys vir God hoe verbind jy daartoe is om Hom te volg. Om dus marge te hê – of asemhalingsruimte – is nie slegs die beste manier om jou kalender te bestuur nie, dit is ook die beste manier om jou geld te bestuur.

So wat beteken dit om jou geld te bestuur met marge? Dit beteken jy spandeer nie elke rand wat jy maak nie. Jy los bietjie asemhalingsruimte tussen jou geld wat inkom en die geld wat uitgaan. Vandag se verse uit Lukas verduidelik hoekom die bestuur van jou geld op hierdie manier so belangrik is vir God. Aan die einde van ’n lang gelykenis maak Jesus seker dat sy gehoor die punt verstaan wat Hy probeer maak het en Hy sê: “Jy kan nie vir twee base gelyk werk nie … Jy kan nie God en geld dien nie.” Twee duisend jaar gelede, kon die mense in Jesus se gehoor letterlik in slawerny beland het vir onbetaalde skuld. Vandag is jou meester dalk ’n kredietkaart-maatskappy of ’n eiendomsgeldlener wees. Maar die uiteinde is dieselfde: Iemand anders kry die geleentheid om die spreekwoordelike skote te vuur.

Dit is waarom jy finansiële asemhalingsruimte nodig het. Om jou finansies met marge te bestuur (d.w.s. om uit skuld te bly, jou spandering in te teuel, jou standaard van lewe te beperk) gee jou die vryheid om meer vrygewig te wees, ander te dien, om ja te sê wanneer Hy sê gaan. Dit gee jou die vryheid om God te volg in die beste weergawe van jou lewe in.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Asemhalingsruimte

Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudig...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://breathingroom.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid