Leesplan inligting

AsemhalingsruimteVoorbeeld

Asemhalingsruimte

DAG 1 VAN 5

In die chaos van elke dag se tempo van vergaderings, gebeure, verpligtinge, rondry van kinders, versorging van ouers, dien van ander, vind van “tyd vir myself”, voltooi van take, jaag deur die stad, verskeurde jaag van myself, en hardloop uit energie uit … wil ek myself soms letterlik “in groen weivelde gaan neerlê,” of sit “langs waters waar daar vrede is.” (Alhoewel ek tevrede sal wees met ’n koppie koffie op die agterstoep. Jy ook?)

Ons het asemhalingsruimte nodig.

Asemhalingsruimte is die spasie tussen jou pas en jou limiet. Dit is nie-gejaagde gesprekke met jou beste vriendin. Dit is aandete om die tafel in plaas van by die “drive thru”. Dit is die vermoë om mildelik te kan gee omdat jy nie elke rand spandeer het wat jy gemaak het nie. Asemhalingsruimte is ’n intensionele stadiger, kleiner, hergeprioritiseerde lewe.

Ek weet jy sal saamstem dat só ’n lewe baie beter klink as die woeste, uitmergelende gevoel van oorbetrokkenheid en oorweldiging. En tog, ’n vinnige loer na jou doenlysie en kalender wys dat – soos die res van ons – jy sukkel om af te skaal.

So wat dring jou om anderkant jou limiete te leef?

Dit is moeilik om te herken en ’n bietjie moeilik om te erken, maar vir my, is dit vrees. Ek is bang om iets mis te loop, so ek probeer om aandete in te druk met die meisies selfs al was my dag uitputtend. Ek is bang dat ek sal agter raak teenoor almal anders, so ek soek aanlyn vir ’n ander kar al is myne steeds in perfekte kondisie. Ek is bang om mense teleur te stel, so ek stem in om op die komitee te wees al is ek nie passievol oor die projek nie … klink hierdie bekend?

Vrees fluister aan ons die leuens dat ons uitgelaat is en agterbly, so ons laai ons kalenders en dreineer ons bankrekeninge. Vrees steel ons asemhalingsruimte. Maar weet jy wat is die mees herhalende opdrag in die hele Bybel? Moenie bang wees nie. God sê vir ons dat ons nie hoef toe te laat dat vrees ons rondboelie nie. Hy bied vir ons ’n verrassende eenvoudige manier om dit te oorkom.

Môre sal ons kyk na die weg waarheen God ons uitgenooi het (vir duisende jare) om asemhalingsruimte terug te bring in ons lewens. In die tussentyd, kyk na jou kalender en vra: Wat is die een geleentheid waarvoor ek die uitnodiging aanvaar het om dit by te woon net omdat ek bang was ek gaan uitmis of iemand sal teleurstel deur nee te sê?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Asemhalingsruimte

Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudig...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://breathingroom.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid