Leesplan inligting

AsemhalingsruimteVoorbeeld

Asemhalingsruimte

DAG 2 VAN 5

Jy hoef nie godsdienstig te wees om te weet van die Sabbat – ’n dag van rus – of om dit in praktyk toe te pas nie. Ons almal waardeer ’n stadige naweekdag, miskien bietjie inlê, die vat van ’n breek van al die gewoel van werk. Maar as jy slegs aan die Sabbat dink as ’n stil Sondag, loop jy die beste deel mis – die deel wat jou uiteindelik asemhalingsruimte sal gee.

Kom ons staan ’n bietjie terug ten opsigte van die storie wat lei tot die tekste uit Eksodus waar God die Sabbat bekendstel. Die Isareliete was slawe in Egipte vir 400 jaar. En dit is hier waar God vir hulle die gebod gee om die Sabbat te onderhou – om een dag in ’n week af te vat.

God vertel vir ’n groep mense, wat vir honderde jare onophoudelik gewerk het en wat nou probeer om genoeg kos op te spoor om derduisende mense in die middel van die woestyn te voed, dat hulle ’n dag moet afvat. Dit moes sekerlik absurd geklink het! As hulle nie daardie dag gewerk het nie, het hulle nie geëet nie.

God het egter iets in die mou gevoer. In Eksodus 31:13 verduidelik Hy dat indien hulle die Sabbat onderhou, dit ’n teken sou wees vir die Israeliete van “Ek is die Here”. God het vir hulle (en vir ons) gesê: Ek wil aan julle bewys dat EK vertrou kan word. Ek weet julle is bang julle sal honger ly. Maar Ek sal bewys, week na week, dat Ek vertrou kan word.

Miskien ken jy die res van die storie. Met manna en kwartels het God op hulle vrees om honger te ly, gereageer, en daagliks vir hulle brood voorsien, selfs op die dag wat Hy hulle gevra het om te rus en nie te werk nie.

God se opdrag om te rus is in werklikheid ’n uitnodiging om Hom te vertrou. Wanneer ons bang is dat om nee te sê ons vriendin se gevoelens sal seermaak, kan ons God vertrou om daardie vriendskap te beskerm. Wanneer ons bang is ons huis is te klein, ons kar is te oud, of ons klere is te eenvoudig, kan ons God vertrou dat ons waarde nie in daardie materiële dinge toegedraai is nie. Om God te vertrou in stede van om op ons tande te kners of verby ons limiete te druk is die manier om finaal, permanent asemhalingsruimte te vind.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Asemhalingsruimte

Voel jy ooit dat jy niks geniet nie, want jy probeer alles doen? 'Multitask' jy jou pad deur die lewe met jou geliefdes? Jy is doelgerig. Maar jy is uitgeput. Jy benodig net 'n bietjie spasie. Met 'n verrassend eenvoudig...

More

Ons wil graag North Point Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://breathingroom.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid