Leesplan inligting

Om Lief Te Hê Asof Jy Nog Nooit Seergekry Het Nie - Deur Jentezen FranklinVoorbeeld

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

DAG 6 VAN 7

Dag Ses



Die Vuilste Geveg = Jou Grootste Oorwinning



Skriflesing:  2 Samuel 5:8



Dawid en sy manne het voor die berg gestaan. 'n Wye gebied bo-op is platgemaak. Enorme mure het die stad omring. Daar was geen manier om in te kom nie.



Dawid sien toe 'n watertonnel raak. Dit kan ook as 'n waterskag of geut beskryf word. Dawid draai toe na sy leër en sê vir hulle: "Die eerste een wat teen die geut uitklim ..."



Het jy al ooit jou geute skoongemaak? Dit is 'n slegte werk. Wanneer jy jou dik rubber handskoene, wat tot by jou elmboë kom, aangetrek het, moet jy begin om die eindelose hoop rommel en gemors uit te haal. Daar kom slym en slyk, takkies en blare, oorblyfsels van voëlneste en soms selfs klein diertjies uit. Dit is net te aaklig.



Dawid was bereid om daardeur te klim. Hy het geweet God het 'n groter plan in gedagte. Hy het geweet God wou hê hy moes meer doen as om hom bloot as heerser oor Hebron te vestig. God wou hê hy moet Jerusalem inneem.



God het vir Dawid gesê: "Jy kan Hebron verower, maar Ek kan Jerusalem verower. Ek wil jou daar hê. Dit sal nie maklik wees nie. Dit gaan lelik en erg raak."



Dawid moes teen die geut uitklim. Oorwinning kom op die vreemdste plekke voor.



Die eerste een wat bo uitgekom het, was 'n vegter met die naam Joab. Hy het gesê: "Staan vas — ek wag al my lewe lank hiervoor. Kom agter my aan, julle jong ouens. Ek gaan op."



En Joab het begin klim.



Jy kan jou seker voorstel hoeveel slyk en gemors oor hom gespat het teen die tyd dat hy aan die ander kant uitgekom het. Hy het regtig sleg gelyk. Hy het ook sleg geruik. Hy het egter sy hande in oorwinning opgelig en gesê: "God het hierdie stad vir ons gegee!"



Dawid en sy manne het die stad van die Jebusiete ingeneem. Nat, stinkend en vuil, maar hulle het dit wat regtens aan hulle behoort het, verower.



Jy mag in jou lewe 'n vesting in die gesig staar. Dalk probeer jy om jou huwelik te red. Miskien probeer jy om 'n verhouding met 'n eiewyse, volwasse kind te herstel. Ongeag hoe groot of intimiderend die vesting, God kan jou vrymaak. Hy kan jou gesin uit die diepste van bitterheid, skande en onvergewensgesindheid uithaal.



Ek weet nie hoe vuil jou geveg geword het nie. Ek weet egter dit is juis die plek waar God die meeste in jou lewe verheerlik sal word. Dit is waar die salwing sal deurkom.



Die Groot Gedagte:  Die vuilste gevegte van jou lewe sal die grootste oorwinnings voortbring. 


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

Dit is geen geheim dat hulle wat die naaste aan ons is ons ook die diepste kan seermaak nie. Terwyl ons woedend is oor die verraad, bou ons mure om ons harte om ons teen sulke hartseer te beskerm. Tog is dit juis hierdie...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://book.jentezenfranklin.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid