Leesplan inligting

Om Lief Te Hê Asof Jy Nog Nooit Seergekry Het Nie - Deur Jentezen FranklinVoorbeeld

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

DAG 4 VAN 7

Dag Vier



Leer om Jouself Eerste Lief te Hê



Skriflesing:  Jeremia 31:3-4



God wil jou herstel. Hy bied jou die ring van aanvaarding aan. Hy wil jou met sy koninkryk versoen. Hy wil jou nooi om aan sy tafel te sit. Soos dit in Jesaja 61:7 staan: "In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore."



Wanneer ons eers die waarheid van genade begryp, sal dit ons nie net bemagtig om onsself te vergewe en lief te hê nie, maar dit sal ons aanspoor om ook ander te vergewe en lief te hê. Kom ons wees nou eerlik, daar is 'n verlore seun, of dogter, in elkeen van ons. Soms moet ons leer om ten spyte van die probleme, lief te hê om by die wonderwerk uit te kom.



Jy kan die verhaal van die Verlore Seun in Lukas 15 lees, maar kom ons kyk daarna in moderne terme. Jy mag dalk met hierdie skets kan identifiseer.



Lisa is as gereelde kerkganger grootgemaak. Haar ouers was wonderlike mense wat haar baie liefgehad het en net die beste vir hul dogter wou hê. Sy het egter die fout van haar lewe gemaak toe sy met Bill begin uitgaan het. Na 'n paar maande was Lisa smoorverlief en wou met hom trou.



Lisa het geweet dat hy 'n drankprobleem het. Hy het ook baie verskonings gehad. Sy het ook geweet dat hy nie daarvan hou om saam met haar kerk toe te gaan nie, maar sy het haarself oortuig dat sy hom sou kon verander. Ondanks haar pastoor se waarskuwings en haar ouers se pleidooie, het sy voortgegaan en met hom getrou. Ongeveer 'n jaar en 'n half later was sy in 'n lewende hel.



Bill se drinkery het in fisiese mishandeling ontaard en Lisa het hom vir 'n egskeiding gedagvaar. Haar hart was gebroke. Sy het al die waarskuwings geïgnoreer. Wanneer kinders van God met kinders van die duiwel trou, sal hulle altyd met die skoonpa moeilikheid hê.



Die goeie nuus is egter dat God ons nooit afskryf nie. Om van verkeerde besluite wat jy geneem het te herstel, kan 'n hartverskeurende ondervinding wees, maar God is altyd gereed om jou te genees en jou 'n nuwe begin te gee.



Die Groot Gedagte:  Om te leer om vir ander lief te wees, begin deur te leer om vir jouself lief te wees. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

Dit is geen geheim dat hulle wat die naaste aan ons is ons ook die diepste kan seermaak nie. Terwyl ons woedend is oor die verraad, bou ons mure om ons harte om ons teen sulke hartseer te beskerm. Tog is dit juis hierdie...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://book.jentezenfranklin.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid