Leesplan inligting

Om Lief Te Hê Asof Jy Nog Nooit Seergekry Het Nie - Deur Jentezen FranklinVoorbeeld

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

DAG 5 VAN 7

Dag Vyf



Moenie van God Afstand Doen nie, Want Hy sal Nooit van Jou Afstand Doen Nie



Skriflesing:  Jesaja 42:16, Psalm 9:10



God se ingesteldheid is nie om beskadigde mense te vervang nie. God se ingesteldheid is om beskadigde mense heel te maak. Hy wil nie van ons ontslae raak nie. Hy wil ons verander. Hy wil ons genees. Hy wil ons herskep. Hy wil hê ons moet die boodskap van die kruis uitleef.



'n Verhaal word vertel van 'n man wat langs die pad geparkeer het. Sy motor het gebreek en hy het by die oop enjinkap gestaan, waar hy probeer vasstel het wat die fout was. Agter hom het 'n limousine gestop en 'n man het uitgeklim. Die man wat deftig uitgedos was, het na die bestuurder van die stukkende motor geloop en gevra: "Het jy hulp nodig?" Natuurlik het die man ja, gesê. Die man van die limousine het in die enjin gevroetel en na 'n rukkie, tot die ander man se groot verbasing, het die enjin begin loop.



Die motor se eienaar was vreeslik dankbaar en het gevra wat hy daarvoor skuld.



Daar is natuurlik verskeie weergawes van hierdie verhaaltjie, maar een wat ek gehoor het, het hierdie reaksie gehad: "Niks. Ek is Henry Ford. Ek is die ontwerper van hierdie motor. Dit pla my vreeslik om een stukkend langs die pad te sien staan, in plaas daarvan om te doen waarvoor dit ontwerp is."



God ry nie in sy majesteit by ons verby wanneer ons gestrand langs die pad staan nie. Hy wil alles waarmee Hy besig is staak en tot ons redding kom. Die skepper verlang daarna om sy skepsel te verlos.



Dit pla God wanneer Hy sien dat jy nie die lewe lei waarvoor Hy jou geskep het nie. Dit verskaf Hom groot blydskap wanneer Hy sien jy oorkom struikelblokke, beweeg vorentoe en groei in geloof.



Moet nooit van God afstand doen nie, want Hy doen nooit van jou afstand nie.



Vertrou Hom vandag. Wees vir Hom lief asof jy nog nooit seergekry het nie. Ongeag waardeur jy nou gaan, wat ook al gebeur het, watter verlies of pyn jy in jou hart voel, moenie moed verloor nie. Wees bemoedig. As jy aanhou om op Hom te vertrou, sal Hy jou nooit laat val nie. Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie. Hy sal jou nie laat wankel nie. Hy sal jou as oorwinnaar deur die woestyn lei.



Die Groot Gedagte:  Wees vir God lief asof jy nog nooit seergekry het nie.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Love Like You've Never Been Hurt By Jentezen Franklin

Dit is geen geheim dat hulle wat die naaste aan ons is ons ook die diepste kan seermaak nie. Terwyl ons woedend is oor die verraad, bou ons mure om ons harte om ons teen sulke hartseer te beskerm. Tog is dit juis hierdie...

More

Ons wil graag dankie sê vir Baker Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: http://book.jentezenfranklin.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid