Leesplan inligting

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 6 VAN 40

Doodgoeie Petrus. Hy was 'n baie lojale vriend. Hy was so entoesiasties en vol lewenslus vir God se koninkryk. Hy sou nooit kon raai dat hy sy rug op sy beste vriend en leermeester, Jesus, sou draai nie. Petrus het sy naderende ontkenning ontken. 



In Matteus 26:33 lees ons Petrus se woorde: "Al sal hulle U ook almal in die steek laat, ék sal U nooit in die steek laat nie."



Hy is so seker van homself en sy sin vir lojaliteit. 



Dis juis die probleem. Petrus het dalk op sy eie vermoëns staatgemaak om staande te bly te midde van druk van mense af.



Dit herinner ons aan die waarskuwing in 1 Korintiërs 10:12, waar die Skrif hierdie dwaling van selfversekerdheid voorspel: "Wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie." 



Wat sou gebeur het as Petrus, in plaas van "Ek? Nooit nie!" eerder in nederigheid op Jesus se profesie met 'n "Ek? Regtig? Kan U my wys hoe ek sterk kan bly, want op my eie is ek regtig baie swak," gereageer het?



Dit is veilig om kwesbaar voor God te wees. Dit is die eerste stap om in geloof te groei. 



Oordink



Is ek soms so selfversekerd aangaande my geloof, dat ek aanneem dat ek nooit sal struikel en val nie? Is ek gewillig om kwesbaar voor God te wees en Hom te vra vir bonatuurlike krag in my geloofslewe, omdat ek dit geensins op my eie kan maak nie?



Gebed



Vader, ek wil nie leef sonder om op U staat te maak nie. Deur U lewe ek, beweeg ek en bestaan ek. Ek kan nie vasstaan as ek nie op die Rots staan wat hoër as ek is nie. Dankie dat U my Rots is. Amen.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Ho...

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid