Leesplan inligting

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

DAG 1 VAN 40

Ons begin die Lydenstyd se oordenking met iemand wat verstaan het waaroor dit gaan. Maria, die suster van Marta en Lasarus het dit inderdaad verstaan. Sy het in werklikheid meer verstaan as die verontwaardige dissipels wat haar probeer stop het om die reukolie op Jesus te "vermors". Sy het dalk verstaan dat Jesus nie meer lank met hulle sou wees nie. 



Haar reaksie op Jesus se naderende dood, is pragtig. Sy het Hom aanbid. Nie 'n terloopse, nog-'n-blokkie-wat-ek-kan-afmerk aanbidding nie. Maar 'n uitspattige aanbidding wat haar nie die koste laat bereken het nie. Dit was 'n eerbiedige aanbidding, 'n uitsonderlike aanbidding, dalk selfs 'n irrasionele aanbidding. Sy het nie na die horlosie, haar beursie of na mense om haar gekyk wat 'n vinger na haar gewys het nie.



In stede daarvan het sy na Jesus gekyk. Sy het net op Hom gefokus en alle ander dinge rondom haar uitgesluit. Sy het aanbid asof niemand na haar gekyk het nie.



Oordink



Wat is my reaksie op Jesus se kruisdood? Gee ek Hom 'n offer van aanbidding en lofprysing? Of is my offer hierdie Lydenstyd meer ingestel op dit wat tot my eie voordeel is?



Gebed



Hemelse Vader, help my om U met my hele wese te aanbid. Help my om U lief te hê met my hele hart, my hele siel, met al my krag en met my hele verstand, en nie net met woorde nie. Laat my nooit tevrede wees met louwarm aanbidding nie, maar laat my vlam van geloof brand, aangevuur deur 'n diep ontsag vir U. Amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Journeying With Jesus - 40 Days Lent Devotional

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Ho...

More

Baie dankie aan Susan Narjala wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.susannarjala.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid