Leesplan inligting

Gewyde Rus: 'n 5-Dag LeesplanVoorbeeld

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

DAG 4 VAN 5

'N TWEEDE KANS



Die heiligheid van rus is altyd daar, selfs as ons weier om dit te erken. Die behoefte om weg te breek, sodat die liggaam tydperke van vrede kan hê, is gewortel in ons anatomie. Ons moet geleenthede hê om te genees. Ons denke moet 'n ruskans kry. Die liggaam het rus van beweging nodig. Emosies het 'n uitlaatklep nodig. Die sintuie wil stil raak. Ons het sosiale vaardighede nodig om in mekaar rus te vind. Ons siele smag daarna om in die skoonheid om ons te week, en ons gees vra vir 'n verhouding met die heilige.

Die dag toe sy die hospitaal verlaat, het Cynthia vir die personeel 'n handgeskrewe notatjie agtergelaat. "Dankie. Mag ek nooit vergeet van die vriendelikheid wat julle aan my bewys het, die liefde wat julle met my gedeel het of die sorg wat julle my gegee het nie. Die meeste van alles, mag ek nooit vergeet wie ek in julle teenwoordigheid was nie. Julle het my beter gemaak." Cynthia se woorde was vir haar mediese span, maar sy het die uitroep van baie harte geuiter. 



Genesing vind plaas wanneer ons onsself die tyd, ruimte en genade toelaat om te midde van ons besige lewens in God se teenwoordigheid te wees. Waarvoor Cynthia die dankbaarste was, was niks wat in 'n hospitaal gedoen moes word nie. Die hospitaal was maar net die plek waar haar lewe weer begin het. Dit was die plek waar sy lewensveranderende rigting gekry het. Te midde van die moeilike situasie, te midde van die trauma en die pyn, het sy haarself gevind. Die verpleegster wat die notatjie aan my gewys het, het trane in haar oë gehad. Cynthia was nooit alleen op haar reis nie; nie een van ons is nie. Ons is almal verbind deur ons gesamentlike menslikheid. Soms moet die geslote plekke oopgebreek word voordat ons bereid is om ander in te laat.



Cynthia het vrede, begrip en openbaring in daardie plek gekry. Dis die plek waar ons vrees om onherstelbaar gebreek te word, kontak maak met ons vrees om dieselfde te bly. Die plek waar dinge erg is en die lewe moeilik raak. Genesing en herstel verg toegang tot ons lewens en ruimte om ons beter te maak. Dit is wat rus doen. Rus bring jou tot stilstand sodat jy God kan opsoek om Hom beter te leer ken. Dit vereis dat jy dieper na jouself en jou omgewing kyk. Dit dwing jou om tot stilstand te kom. 




Ons kyk dikwels na die lewe asof ons deur die venster van 'n motor kyk wat op spoed is. Rus moedig jou eerder aan om stadiger te beweeg en ten volle te leef. Dit daag jou uit om weg te kyk van natuurskoon wat in 'n waas verbyvlieg en eerder die geur van dennenaalde op jou skilderagtige lewensreis in te asem. Om dit alles in te neem en te ervaar. Rus beteken nie net om die pouse-knoppie op jou dag te druk nie. Rus bring nie net berusting nie. Rus gaan oor aanvulling, herstel, vernuwing, genesing, herbouing, herskepping, vorming en groei. Rus vereis dat ons teruggaan na 'n vorige plek. Dit is 'n tweede kans. Dit is 'n geleentheid om enigiets weer in orde te bring wat nie meer in pas is met die goeie wat God vir jou wil gee nie.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

Hoe kan jy jou energie, geluk, kreatiwiteit, en verhoudings vars en gesond hou te midde van oneindige eise van jou gesin, loopbaandruk, en die stres van die alledaagse lewe? In hierdie 5-dag leesplan wat op haar boek Sac...

More

Ons wil graag vir Dr. Saundra Dalton-Smith en "Hachette Book" Groep bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.hachettebookgroup.com/titles/saundra-dalton-smith/sacred-rest/9781478921660/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid