Leesplan inligting

Gewyde Rus: 'n 5-Dag LeesplanVoorbeeld

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

DAG 2 VAN 5

KOM TOT RUS



Dit is geen toeval dat ek my jongste seun die naam Isaiah gegee het nie. Dit was in die boek Jesaja wat ek begin het om die hart van God oor die tema van rus te hoor. Die waarheid van hierdie Skrifgedeelte het op my skouers gerus soos 'n kasjmier-sjaal op 'n vars herfsdag. Die hitte daarvan is verreikend en bevredigend. Die waarheid daarvan het gekom op 'n tyd toe ek geen verskonings meer gehad het nie. Ek was op my laagste punt, uitgeput en gedaan. In Jesaja 30: 12-15 praat God met die mense oor die menigte beloftes wat Hy hulle gesê het om in hulle lewens te verwag. Groot beloftes wat hulle nog moet sien. Die vertragings het hulle skepties gemaak oor sy getrouheid. Die moeilike tye het hulle sy liefde laat bevraagteken. Hy verduidelik aan hulle dat dit nie deur sy keuse is dat hulle nog nie die beloftes vervul gesien het nie; dit is deur hulle keuses.



Sy antwoord soos ek dit verstaan, is: "Julle haat hierdie woorde wat ek vir julle sê. Julle sal eerder op 'n stelsel vertrou wat julle in die grond in gedryf het en staatmaak op daardie stelsel, as wat julle daarvan sal hou om staat te maak op My manier van dinge doen. Dit is hoekom julle in die situasie is waarin julle julself bevind. Julle wantrou die waarheid, en daardie wantroue is 'n hoë muur waaroor julle bang is om te klim. Maar julle moet dit oorkom, want as julle bly waar julle is, sal dit tot 'n skielike ineenstorting lei. Dit sal wees soos 'n vaartuig wat genadeloos teen die grond verpletter word, en onherkenbare wrakstukke in sy spoor los. Al wat sal oorbly is die skerwe van die belofte. Luister nou na die oplossing. Deur terug te kom en te rus, sal julle gered word, in stilte en vertroue sal julle krag wees. Julle is egter onwillig. Julle is onwillig om die eenvoudige ding te doen. Julle weerstaan dit om te doen wat van nature moet kom. Julle sal eerder doen wat moeilik is. Julle sal eerder stry as om te rus. Julle sal eerder werk uit 'n pligsbesef as om te leer hoe om julle aan vrede oor te gee. Julle sal eerder vir elke seëning veg as om te vertrou dat goedheid julle sal volg. Julle sal dit eers wil sien voor julle dit glo. Julle is bang vir rus."



Hy was reg, ek was bang vir rus. Ek het alle reg gehad om bang te wees vir rus. Rus is 'n angswekkende voorstel, as jy vir alles gewerk het wat jy het. Voorregte is nie met my geboorte uitgedeel nie. 'n Beter lewe het teen 'n hoë prys gekom, waarvan my siel die kosbaarste was. Ek het nie meer hierdie prys in my lewe aanvaarbaar gevind nie. Dis ook nie aanvaarbaar vir jou lewe nie. Dis tyd om te rus. Dis tyd om op te hou om verskonings te maak en redes te gee om die huidige situasie te behou. Dis tyd om die idee te laat gaan dat werk die middel tot 'n doel is. 



Dis tyd om op te hou probeer om elke belofte te vervul met ons bloed, sweet en trane. Dis tyd om terug te gaan na die begin toe rus nodig was, toe rus gewyd was. Toe stilte nie 'n swakheid was nie en vertroue nie iets was om voor bang te wees nie. Daar het ons hulle gesien vir wie hulle werklik is, die nodige bestanddele van 'n lewe wat werd is om geleef te word. Kom tot rus, wees stil en vertrou soos 'n bokkie wat terugkeer na die stroom. Keer terug na jou bron van sterkte, want so sal jy gered word.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

Hoe kan jy jou energie, geluk, kreatiwiteit, en verhoudings vars en gesond hou te midde van oneindige eise van jou gesin, loopbaandruk, en die stres van die alledaagse lewe? In hierdie 5-dag leesplan wat op haar boek Sac...

More

Ons wil graag vir Dr. Saundra Dalton-Smith en "Hachette Book" Groep bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.hachettebookgroup.com/titles/saundra-dalton-smith/sacred-rest/9781478921660/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid