Leesplan inligting

Gewyde Rus: 'n 5-Dag LeesplanVoorbeeld

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

DAG 3 VAN 5

SOETE SLAAP





Het jy al ooit probeer om jou chroniese moegheid self te genees deur die naweek 'n paar ekstra ure te slaap, net om wakker te word en te voel asof jy nog nooit gerus het nie? Jy het goeie bedoelings gehad, maar het een belangrike stuk van die legkaart gemis: Slaap is nie rus nie. As verskillende dele van 'n ingewikkelde stelsel, is slaap en rus ontwerp om saam te werk om te verseker dat elke deel van jou 'n manier het om herskep en herstel te word. 





As ek nou oorkant jou gesit het, sou ons gesprek dalk iets wees soos die een wat ek jare gelede met 'n vriend gehad het.



"Hoekom dink jy help slaap nie vir ons moegheid nie? Ek is nou moeër as wat ek was voordat ek aan die slaap geraak het."



"Ek wens ek het geweet. Toe ek op kollege was, kon ek soos 'n baba slaap. Die oomblik as my kop die kussing getref het, was ek vas aan die slaap. In die mediese skool het ek begin sukkel om aan die slaap te raak. Aanvanklik het dit vyf tot tien minute geneem voordat ek aan die slaap kon raak. Nou kan dit tot 'n uur neem voor ek slaap."



"Sjoe, 'n uur. So moeg soos ek was aan die einde van 'n skof, sou ek dink dat ek vinnig aan die slaap sou raak," het ek besin.



"Ek weet, ja. Maar dit is die ding; goeie slaap is soet. Dit kom stilweg, dit oorval jou en verfris jou. Slegte slaap kom in soos 'n vloed, oorval jou en laat jou uitgeput voel. Dis die goeie wat ek mis."





Slaap is 'n biologiese noodsaaklikheid. As jy dit nie inkry nie, sal dit jou produktiwiteit vertraag en jou uiteindelik doodmaak. In 'n poging om hierdie lewensfunksie elke nag van ons taaklysie af te merk, is baie van ons tevrede met slaap teen enige koste en van enige kwaliteit. Ons probleem is nie net 'n behoefte aan meer slaap nie. Ons probleem is dat ons die goeie mis. Slaap is anders as rus, maar kwaliteit slaap vloei voort uit 'n lewe van goeie rus. Ons kan slaap in reaksie op rus, maar rus beteken nie dat ons in 'n staat van slaap moet wees nie. Soms, soos my vriend bely, is slaap glad nie rustig nie. Dan is daar ook die tye wanneer ons selfs met 'n gebrek aan slaap, verrassend uitgerus voel en gereed is om die dag aan te pak. Die beslissende faktor is die verskil tussen goeie slaap en slegte slaap. 





Elke aand probeer ons om deur die vyf stadiums van slaap te gaan: nie-vinnige oogbeweging, stadiums een tot vier en vlak vyf, vinnige oogbeweging. Slaap van hoë gehalte begin in die derde fase van nie-vinnige oogbeweging, wanneer jou brein onaktief raak. Jy verloor jou bewuswording oor jou omgewing. Jou brein en liggaam gaan albei in 'n toestand van stilte. Slegte slaap is veranderlik en onrustig. Die verstand kan sporadies oor die gebeure van die dag dwaal, en jy kan dalk jou bene onrustig beweeg in reaksie op die opgekropte spanning in jou spiere. 





Daar moet 'n brug wees tussen goeie en slegte slaap, en daardie brug is rus. Slaap is 'n fisieke aktiwiteit. Rus betree egter die geestelike arena. Rus bring vrede in die daaglikse storms wat jou verstand, liggaam en gees meemaak. Rus is wat slaap soet maak.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Sacred Rest 5 Day Reading Plan

Hoe kan jy jou energie, geluk, kreatiwiteit, en verhoudings vars en gesond hou te midde van oneindige eise van jou gesin, loopbaandruk, en die stres van die alledaagse lewe? In hierdie 5-dag leesplan wat op haar boek Sac...

More

Ons wil graag vir Dr. Saundra Dalton-Smith en "Hachette Book" Groep bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: https://www.hachettebookgroup.com/titles/saundra-dalton-smith/sacred-rest/9781478921660/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid