Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 2 VAN 36

'n Lewe van gehoorsaamheid


Lewensbeginsel 2: Gehoorsaam God en los al die gevolge vir Hom.


Gehoorsaamheid kan 'n uitdaging wees, veral as ons voel dat ons in die versoeking is om te glo dat ons meer kan verloor deur ons gehoorsaamheid as wat ons daardeur kan wen. Om God te gehoorsaam, is egter noodsaaklik om Hom te behaag — nie net in tye van versoeking nie, maar te alle tye.


Wanneer God ons beveel om Hom te gehoorsaam, gee Hy ons 'n lewensbeginsel. Hy bou ook 'n verskansing rondom ons om ons teen die bose te beskerm.


Kan jy die laaste keer onthou toe jy in die versoeking was om die teenoorgestelde te doen as wat jy geweet het God van jou begeer om te doen? Heel waarskynlik het 'n stryd in jou hart ontstaan. Die vrae het gekom: Sal dit my meer kos as ek God gehoorsaam of as ek ongehoorsaam aan Hom is? Kan ek groter geluk ervaar deur hierdie sonde te pleeg as wat ek sal kry deur God te gehoorsaam?


As ons kies om God te gehoorsaam, neem ons die weg van wysheid. Sy beloftes van seën vir gehoorsaamheid, is veel groter as enige moontlike gevolge. Hy vra ons om onsself aan Hom te onderwerp en wat met ons gebeur aan sy liefdevolle sorg oor te laat.


Ons moet onthou dat God ons liefhet en toegewyd is aan ons. Hy beveel ons om gehoorsaam te wees, nie omdat Hy 'n streng bestuurder is nie, maar omdat Hy die verwoestende invloed wat ongehoorsaamheid en sonde op ons lewens sal hê, ken.


Gehoorsaamheid mag nie altyd maklik wees nie — en jy mag kritiek van ander kry of erge struikelblokke en teenkanting — maar dit sal jou altyd in 'n gunstige posisie voor God stel. Hy sal vir alles sorg wat jou betref; bly dus op die pad van gehoorsaamheid en laat die res aan Hom oor.



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid