HANDELINGE 11:25-26
HANDELINGE 11:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Barnabas het toe na die stad Tarsus gegaan om vir Saulus te soek. Toe Barnabas vir Saulus kry, het hy hom na Antiogië gebring. Hulle was daar 'n hele jaar lank saam in die gemeente en hulle het vir baie mense in die stad geleer. Daar in Antiogië het die mense die gelowiges “Christene” genoem. Dit was die eerste maal dat mense die gelowiges “Christene” genoem het.
HANDELINGE 11:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring. En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.
HANDELINGE 11:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
en Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, het hy hom na Antiogië toe gebring, en hulle twee het 'n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en baie mense onderrig. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.
HANDELINGE 11:25-26 Die Boodskap (DB)
Na ’n ruk het Barnabas besluit om Saulus te gaan opsoek en hom te oorreed om in Antiogië te kom werk. Hy is na Tarsus toe, waar hy vir Paulus raakgeloop het. Paulus was dadelik bereid om saam met hom in Antiogië te kom werk. Hulle twee het die volgende jaar lank daar saamgewerk. Hulle het die mense geleer wat dit beteken om in Christus te glo. Hier in Antiogië is die volgelinge van Jesus die eerste maal Christene genoem.
HANDELINGE 11:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Barnabas is daarna Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, het hy hom Antiogië toe gebring. En so het dit gekom dat hulle twee ’n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en ’n taamlike klomp mense onderrig het. In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem. ’n kleinseun van Herodes die Grote.