Genesis 15:1-5

Genesis 15:1-5 AFR20

Ná verloop van tyd het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n visioen: “Moenie bang wees nie, Abram! Ek is 'n skild vir jou. Jou loon is baie groot.” Maar Abram het gesê: “HERE, my Heer, wat sal U vir my gee? Kinderloos gaan ek heen. Die erfgenaam van my huis is Eliëser van Damaskus.” Abram het ook gesê: “Kyk, vir my het U nie 'n nageslag gegee nie. Kyk, 'n seun uit my huishouding gaan my erfgenaam wees.” Maar kyk, die woord van die HERE kom toe tot Abram: “So iemand sal nie jou erfgenaam wees nie, slegs een wat uit jou liggaam voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.” Toe neem Hy Abram na buite en sê: “Kyk maar op na die hemel en tel die sterre – as jy in staat is om hulle te tel!” En Hy sê vir hom: “So sal jou nageslag wees.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Genesis 15:1-5

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid